VETROULIKHEID
Ons hanteer die inligting wat studente en personeel aan die Sentrum vir
Studentevoorligting en -ontwikkeling verskaf met die grootste respek en
vetroulikheid. Die Sentrum word gerig deur die beginsels van etiese praktyk
soos deur die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe en die Suid-Afrikaanse
Raad op Maatskaplikediensteberoepe voorgeskryf. Die Sentrum laat homself verder lei deur die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika; Die Wet op Gesondheidsberoepe, Wet 56 van 1974; die Wet op
Beskerming teen Teistering, Wet 17 van 2011; en die Kode van Goeie
Praktyk oor die Hantering van Gevalle van Seksuele Teistering in die Werkplek,
2005.
Rekordhouding en derdepartyversoeke
Kliënterekords is vertroulik en word geberg op HealthOne, ʼn elektroniese
databasis wat deur ʼn wagwoord beskerm word. Alle rekords word vir vyf jaar
gehou en daarna vernietig. Toegang tot kliënte-inligting word net met die geskrewe
toestemming van die kliënt toegelaat. As ʼn kliënt instem dat ʼn derde party toegang tot sy of haar rekords verkry,
moet die derde party die kliënt van hul voorneme om inligting van die SSVO te
versoek, inlig en verseker dat die kliënt bewus is van die derde party se
kommunikasie en verhouding met die Sentrum. As ʼn kliënt nie instem nie, sal
geen inligting gedeel word nie.
Kliek HIER om die Bepalings en Voorwaardes dokument te lees.