US Voedselsekerheidsprogram
By die Universiteit Stellenbosch (US) glo ons dat geen student belas moet word met die kommer oor voedselonsekerheid nie. Daarom is die Universiteit se voedselsekuriteitsprogram toeganklik vir studente. Studente wat met voedselonsekerheid sukkel, word aangemoedig om aansoek te doen vir bystand deur 'n e-pos na supportus@sun.ac.za te stuur. 'n Holistiese assessering sal deur die maatskaplike werkers gedoen word voordat 'n student bygestaan word.