pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die ontstaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe kan tot die heel eerste dae van die Universiteit Stellenbosch teruggevoer word. Dit het oor die afgelope dekades ’n gerekende nasionale en internasionale rolspeler in basiese en toegepaste navorsing geword. Die Fakulteit streef na ’n gesonde balans tussen basiese en toegepaste navorsing, met inagneming van die behoeftes van die algemene Suid-Afrikaanse samelewing. ’n Multidissiplinêre benadering op nasionale en internasionale vlak, en oor vak-, fakulteits- en ander grense heen, word aangemoedig. Navorsing word deur die verskillende sentrums, fasiliteite en institute van die agt departemente van die Fakulteit sowel as ses navorsingsleerstoele ondersteun. 

Die hoofnavorsingsgebiede word onder die verskillende departemente hieronder uitgelig. 

Van ons voorgraadse programme sluit dalk hoofvakke van departemente in ander fakulteite in. Indien jy so ’n hoofvak op nagraadse vlak wil bestudeer, raadpleeg gerus die betrokke departement vir verdere inligting.

Let asseblief op hierdie belangrike inligting vir navorsingsmagister- en doktorale kandidate​.​

​ ​Programaanbod​ & GEPAARDGAANDE SLUITINGSDATUMS


Aansoekproses