Oorweeg jy dit om 'n loopbaan in die Natuurwetenskappe te volg, maar jy is onseker oor die loopbaanopsies wat daar is? Op hierdie blad wys ons jou waar en hoe ons BSc-alumni interessante loopbane gevind het in hulle onderskeie velde. Hulle gee ook raad oor wat hulle ánders sou doen as hulle weer student moes wees.
Ons moedig al ons studente aan om hulle BSc-graad met 'n nagraadse kwalifikasie op te volg. Dit sal jou in staat stel om erkenning te kry (en registrasie waar nodig) as 'n professionele wetenskaplike. Indien jy een van ons alumni is en jou storie met ons wil deel, kontak ons asseblief.
Stuur e-pos