Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NIOS  |  Tygerberg Doktorale Kan​toor​​

Eksaminering van Meestersproefskrifte (100% navorsingsgrade)


​​Applications.png








  • ​Aansoeke sluit in September
  • Raadpleeg die US Jaarboek en/of die FGGW Jaarboek
  • Doen aanlyn aansoek by www.maties.com
  • Akademiese omgewings keur self studente
  • Na afloop van keuring word studieleiers via departementele Nagraadse Programkomiteerapporte genomineer
  • Studieleiers is die hoof kontakpunt vir M-studente
Registration.png








  • Slegs studente wat die formele aansoekproses voltooi het, kan geregistreer word
  • Word hanteer deur die Sentrum vir Akademiese Administrasie (Tygerberg kampus)
  • Kontak Me VB Joseph: fmhsregistration@sun.ac.za
  • Registrasietydperk: 2 January tot 31 Maart
  • Tweede semester (met toestemming): 1 Junie tot 31 Julie​
Maters3.png








  • Raadpleeg asb die Riglyne vir Navorsingsmeesters en konsulteer jou studieleier en departementshoof
  • Studente en studieleiers moet positief en nou saamwerk met behulp van die gereelde voorlegging van geskrewe werk
  • Vir verdere inligting oor eksaminering, kontak Me Chanelle Windvogel (tyg-thesis@sun.ac.za
Due.png








  • Stuur teen 6 maande voor eksaminering 'n indien-voorname vorm aan tyg-thesis@sun.ac.za  
  • Die akademiese omgewing nomineer eksaminatore via 'n Nagraadse Programkomitee rapport, teen 6 maande voor eksaminering
  • Dien die proefskrif vroegtydig in, voor die finale afsnydatums:
    • 31 Augustus vir moontlike graduering in Desember
    • 30 November vir moontlike graduering in Maart/April
Exam.png Die hoof, interne studieleier stuur 'n enkele epos aan tyg-thesis@sun.ac.za, met die volgende PDF dokumente aangeheg:
  • Getekende  proefskrif vrystellingsvorm;
  • Goedgekeurde proefskrif; en
  • Turnitin verslag wat 'n ooreenstemmingskoers van 15% of minder aandui (die betrokke rekenaarlêer mag saamgepers word soos nodig).
  • As die akademiese omgewing 'n goedgekeurde merkraamwerk vir die meestersprogram het, heg dit ook aan.
Uitslag.png
  • ​​Finale punt vir 'n navorsingsmeesters word op proefskrif en mondeling gebaseer
  • Studieleierverslae word by tyg-thesis@sun.ac.za ingedien vir goedkeuring ter enige tyd voor, of teen
    • 7 November vir moontlike graduering in Desember
    • 17 Februarie vir moontlike graduering in Maart/April
  • Na afloop van die mondeling, moet studieleiers en studente saamwerk om die proefskrif via die Proefskrifnomineringstelsel (vanaf my.sun.ac.za) na SunScholar op te laai.
  • Nadat die uitslae goedgekeur is, moet die akademiese omgewing die punte oplaai voor die US/FGGW sperdatum, soos aangedui in die Almanak.

​​​​​