Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​Kliniese Dienste en Sosiale Impak

SI- GESTRUKTUREERDE VRYWILLIGERSDIENS

Vrywilligersdiens deur die personeel en studente van die fakulteit is ’n integrale deel van sosiale impak. Hoewel filantropiese aktiwiteite erken word, ondersteun die raamwerk gestruktureerde vrywillersdiens soos volg.


DIE SOSIALE-IMPAKDOELWITTE VIR BEPLANDE VRYWILLIGERSWERK IS:

  1. Buitemuurse aktiwiteite het duidelike doelwitte wat bepaal hoe die aktiwiteite binne die strategiese raamwerk van die fakulteit pas.
  2. Vrywilligerswerk deur personeel en studente, asook uitreikaksies, is in pas met die waardes van die fakulteit en bewys die vordering wat gemaak is om in die behoeftes van die geïdentifiseerde fokusgebiede.
  3. Pogings word aangewend om gestruktureerde vrywilligerswerk uit te bou deur middel van langterm- of bestaande projekte.
  4. Vrywilligerswerk van personeel en studente het meetbare uitkomste wat relevant is tot die sosiale omstandighede waar die projekte geloods word.
  5. Die bewustheidskepping van sosiale kwessies is 'n prioriteit wanneer aan projekte gewerk word.
  6. Beplande vrywilligerswerk betrek die gemeenskap in die beplanning van projekte en inisiatiewe. Terugvoer word verkry en projekte is gebaseer op 'n beginsel van gesamentlike eienaarskap.
  7. Aktiwiteite binne gemeenskappe moet die kultuur en agtergrond van betrokkenes erken en respekteer. ​
Volunteerism.jpg  
Figuur 3: Deelnamevlakke vir volhoubare sosiale verandering ​​​