Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Kliniese Dienste en Sosiale Impak ​

​​​​​​​​​​​​​​​

SI-STRATEGIESE RAAMWERK ​​

Die Sosiale-impakraamwerk van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe steun op die visie van die Sosiale-impakstrategieplan van die Stellenbosch Universiteit​.​ 

Die Sosiale-impakraamwerk van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe​ (2019-2024) gee erkenning aan drie vlakke waarop volhoubare sosiale verandering teweeg gebring kan word, naamlik gemeenskapsinteraksie, gemeenskapsbetrokkenheid en sosiale impak.

Die raamwerk sluit in die onlangs gepubliseerde SU Vision 2040, asook die 2019-2024- strategiese raamwerk. Die SISP (2017-2022) sonder sosiale impak uit as een van die drie strategiese prioriteite van Stellenbosch Universiteit, naamlik (a) om toegang te verbreed, (b) om die momentum van uitsonderlikheid te volhou en, (c) om ’n impak te maak op plaaslike en globale samelewings.​


SI.jpg  

​Figuur 1: ​Mediums vir sosiale impak


DIE DOEL VAN DIE SOSIALE-IMPAKRAAMWERK IN DIE FGGW

Stellenbosch Universiteit is nog altyd betrokke by die burgerlike samelewing, gemeenskapsorganisasies, sowel as bedryfs- en regeringsdepartemente.

Die drie benaderings wat gevolg word om sosiale impak te fasiliteer, sluit in: ​

Ingebedde sosiale impak

wat verwys na die integrasie van sosiale impak in kernafdelings van alle akademiese en bykomende praktyke van SU deur deelnemende studente en ’n deelnemende samelewing. ​​​

Spesifieke sosiale impak

dui op enige spesifieke en gekoördineerde aktiwiteite waarby individue betrokke kan raak om ingebedde sosiale impak ondersteun. Dit sluit in enige interdissiplinêre inisiatiewe (of tussen fakulteite) om sosiale uitdagings gesamentlik aan te spreek.​

Sistemiese impak

wat gerig is op bewysgebaseerde veranderinge in die gemeenskapsfeer wat lei tot verhoogde en versterkte doeltreffendheid in die spesifieke sfeer.



Ons gee erkenning aan die waardevolle bydraes deur huidige inisiatiewe binne die fakulteit op verskeie vlakke van gesondheidsorg, diensverskaffing en opleiding. Om hierop voort te bou, verskaf die SIF (2019-2024) die basis waarop die missie, visie en kernwaardes van die FGGW gekonseptualiseer kan word. Sodoende verskaf ons leiding aan personeel en studente binne die fakulteit om sistemiese, strukturele en sosiale verandering te kan realiseer en om toegang te verkry tot gehaltegesondheidsorg as aanduidings van sosiale impak.

Projekte in die veld, internskappe, kliniese plasings en indiensopleiding binne die gesondheidsleer sal voortdurend bydra tot gehaltesorg in die verskeie afdelings en opleidingsplatforms in die Wes- en Noord-Kaap, asook die ganse Suid-Afrika.

Met die uitbreiding van ’n diensverskaffingsplatform na ander provinsies in Suid-Afrika, sal gesondheidswerkers, begunstigdes en all belanghebbendes besin oor hoe afsonderlike aktiwiteite kan bydra tot die bou van sosiale kapitaal terwyl hulle terselfdertyd werk tot die volbringing van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte.  

Die mediums waardeur sosiale impak teweeg gebring word, sluit in deelnemende onderwys en leer, deelnemende navorsing, betrokke burgers en spesiale programme.​


SI STRATEGIESE VISIE, MISSIE EN WAARDES

Die fakulteit is die toonaangewendste navorsing-intensiewe gesondheidfakulteit in en vir Afrika. Ons doelwit is om te lei deur transformatiewe, lewenslange onderrig te fasiliteer. Ons wil kennis bou en oordra wat gesondheid en uitstekende gesondheidsregverdigheid bevorder, asook waarde skep binne die gemeenskappe wat ons dien. Die fakulteit se besluite en aksies word gelei deur inklusiwiteit, deernis, verantwoordbaarheid, respek, uitnemendheid en gelykheid​. In pas met die universiteit se visie vir sosiale impak bevorder die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 'n fokus op innoverende, inklusiewe, volhoubare en transformerende interaksie met die individue, sosiale groepe, organisasies en instellings wat ons dien.

In lyn met die visie van die FGGW​ vir die bevordering van gesondheid en gelykheid in Suid-Afrika, is die Sosiale-impakraamwerk daartoe verbind om Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bereik. (Verenigde Nasies-ontwikkelingsprogram, 2015).​


SI2.jpg
Figuur 2: Sewe temas vir die volhoubare ontwikkeling aan Stellenbosch Universiteit (Bron: Verenigde Nasies- ontwikkelingsprogram)

​​