Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skenkingsbestuur

​​​​

VOOR TOEKENNING

Die Kantoor vir Skenkingsbestuur (KSB) het ’n toegewese persoon wat navorsers in die aansoekfase voor toekenning bystaan met die tegniese aspekte daarvan om aansoeke in te dien (hoofsaaklik by die Amerikaanse Nasionale Gesondheidsinstitute, oftewel die NIH). Hierdie onderafdeling versprei ook ’n weeklikse nuusbrief wat hulle saamstel oor alle befondsing wat beskikbaar is en NIH-uitnodigings tot aansoeke.

Die KSB verskaf die onderstaande dienste tydens die aansoekfase voor toekenning:

  • Benoem 'n toegewese projekrekenmeester om die navorser met die opstel van 'n begroting by te staan.
  • Gee raad oor die begroting en ander tegniese kwessies in verband met voorleggings, soos –
    • die uitleg van die bioskets,
    • die formaat van aanhegsels,
    • beste praktyk, en
    • keurders se voorkeure en afkere.
  • Gee raad oor spesifieke vereistes vanaf keurders rakende navorsingsvoorsteldokumentasie.
  • Gee raad oor hoe om die aansoekvorm in sekere instansies in te vul.
  • Bepaal 'n tydlyn vir die indien van die aansoek, wat voor die sluitingsdatum deur die hoofnavorser goedgekeur moet word.
  • Verleen bystand met die begroting vir alle ander befondsingsaansoeke.​
 
Kontak asseblief vir dr Christa de Vries-Coetsee vir meer inligting.


Christa De Vries-Coetsee​​​

Koördineerder: Voor Toekenning

Christa De Vries-Coetsee

+27 21 ​938 9838

​​​Stuur e-pos



​​​​​