Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Digitalisering

​​​​

Die Fakulteit het ’n sentrale Kantoor vir Digitalisering, waarvan die hoofdoel is om hand- en papiergebaseerde prosesse in digitale, elektroniese oplossings om te skakel. Die Kantoor se hoofverantwoordelikhede is:

  • om vernuwende oplossings uit te ken, te evalueer, te ontwerp, uit te toets, in bedryf te stel en deur te voer deur die uitwerking daarvan op kostebesparing, inkomstegenerering, institusionele produktiwiteit en die moreel van akademiese en steundienspersoneel te meet;
  • om bestaande stelsels, beleide en prosesse te evalueer ten einde geleenthede raak te sien waar Fakulteitsbronne optimaal aangewend kan word deur oorbodigheid uit te skakel en deur die outomatisering en funksionaliteit van stelsels te verhoog;
  • om die data wat in finansiële en ander administratiewe stelsels beskikbaar is, te evalueer ten einde gapings tussen beskikbaarheid en behoeftes raak te sien en aan te vul;
  • om instrumente vir operasionele en analitiese ondersoek te ontwikkel met die oog op data-ontleding en verslagdoening wat werksaamhede kan versterk en besluitneming kan stuur; om die benutting en doeltreffendheid van verslae en kontrolepanele te assesseer en geleenthede vir verbetering te evalueer;
  • om 'n gemeenskap van besigheidsintelligensiekundiges in die Afdeling Besigheidsbestuur en oor die Fakulteit heen te vestig wat kundigheid en beste praktyke uitruil om instrumente en verslae te ontwikkel wat analitiese, datagedrewe besluitneming sal aanhelp; en
  • om kontrolepanele en selfdiensmeganismes vir bestuurders in samewerking met Universiteitstrukture op te stel sodat akkurate data vinnig beskikbaar is vir operasionele sowel as strategiese besluitneming.​

Personeellede in die Kantoor vir Digitalisering:


Stefan Engelbrecht​​​

Adjunkdirekteur: Besigheidsbestuur

Stefan Engelbrecht

+27 21 938 9939

​​​Stuur e-pos






Hilda Samuels​​​

Besigheidstelselontleder

Hilda Samuels​

+27 21 ​938 9697​

​​​Stuur e-pos





​​​​​

Nuttige Skakels