Biomedical Research Institute
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Biomediese Na​vorsingsinstituut​


Meer oor navorsing aan die FGGW

In die afgelope jare het die FGGW navorsing proaktief as werktuig vir positiewe sosiale verandering gebruik, en studente en personeel is begelei tot 'n navorsingsagenda wat op die groot gesondheidsuitdagings in Afrika fokus.

Die FGGW het, danksy toegewyde en volgehoue inspanning oor dekades heen, bekendheid verwerf vir hoëvlaknavorsing oor geneeskunde en gesondheidswetenskappe. Die Fakulteit presteer steeds as 'n toonaangewende navorsingsryke omgewing met 'n omvangryke internasionale samewerkingsnetwerk sowel as nasionale en plaaslike vennootskappe. Ons navorsingsagenda word opgestel volgens strategiese navorsingsfokuspunte wat verseker dat die Fakulteit se navorsingsbedrywighede die knellendste gesondheidsuitdagings aanpak wat die Afrika-kontinent te bowe moet kom.

Ons huidige navorsingsprioriteite is belyn met die nasionale regering se strategieë vir verbeterde gesondheidsorg en meer menslike hulpbronne vir gesondheidsdienste (bv. deur meer PhD-gegradueerdes in die gesondheidswetenskappe te lewer).

Ons navorsing fokus primêr op die nasionale Departement Gesondheid se viervoudige siektelas – die vier groepe toestande wat die meeste tot morbiditeit en sterfgevalle in Suid-Afrika bydra – naamlik:

  1. MIV/vigs, tuberkulose en seksueel oordraagbare siektes;
  2. moeder- en kindergesondheid;
  3. nieoordraagbare siektes soos kardiovaskulêre toestande, diabetes, kanker, chroniese asemhalingsprobleme) en
  4. geweld, beserings en trauma.