Aansoeke en keuring
- Doen aansoek vir toelating vanaf 1 April.
- Sluitingsdatum vir aansoeke::
31 Julie –MBChB, B in Arbeidsterapie, B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie, BSc in Dieetkunde, B in Verpleegkunde* en BSc in Fisioterapie*
*LET OP: Die naamsverandering van hierdie program is onderworpe aan goedkeuring deur die South African Qualifications Authority of SAQA. - Doen aansoek in
ses maklike stappe.
- • Toelating tot alle voorgraadse programme in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) is onderworpe aan ’n keuringsproses gebaseer op vaste minimum vereistes en die getal studente wat ons per program kan akkommodeer. Lees hier oor die keuringsriglyne vir jou programkeuse.
- • Alle B1-aansoekers moet die Situasionelebeoordelingstoets (SBT), of in Engels die
Situational Judgement Test (SJT), skryf. B1-aansoekers is huidige leerders (graad 12) en aansoekers wat reeds met skool klaargemaak het (insluitende aansoekers wat vir ’n program aansoek doen binne nie meer as drie jaar nadat hulle met skool klaargemaak het, en nie enige tersiêre studie in hierdie tydperk onderneem het nie) en vir voorgraadse programme in die FGGW aansoek doen. Meer inligting oor die Situasionelebeoordelingstoets is
hier beskikbaar.
Navrae
Aansoeke vir toelating
Kontak- en Kliëntedienssentrum
Tel: 021 808 9111
E-pos >
Kantoor vir Voorgraadse Keuring en Werwing (Tygerberg-kampus)
Tel: 021 938 9203 / 9533 / 9580
E-pos >
Situasionelebeoordelingstoetse
Tel: 021 650 3523
E-pos >