Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kortkursusregistrasiestelsel sluit op Vrydag, 21 Oktober vir 2022-kortkursusseregistrasies

​Die Afdeling Kortkursusse gaan die kortkursus registrasiestelsel beskikbaar maak vir 2023 kortkursusregistrasies vanaf 24 Oktober 2022.  Dit beteken dat alle kortkursusregistrasie aansoeke vir aanbieding in 2022 moet teen Vrydag 21 Oktober 2022 ingedien word, aangesien die kortkursus registrasiestelsel hierna gesluit sal wees vir enige verdere 2022 kortkursusregistrasie aansoeke. (LET WEL - Dit beinvloed nie die elektroniese Studente Bestuurstelsel waar student registrasie inligting gestoor word en waaruit kortkursus sertifkaatnommers genereer word nie en beinvloed ook nie die kortkursus finansiële verslagdoening vir 2022 nie). 

Kursusleiers en kursuskoördineerders word wel aangemoedig om die finansiële verslagdoening ten opsigte van die 2022 aanbiedings so gou as moontlik na afloop van die kortkursusaanbieding/s af te handel. Volgens beleid, behoort volledige finansiële verslae binne drie maande na afloop van die kortkursusaanbieding elektronies, via die kortkursus registrasiestelsel opgelaai en ingedien te word, om US se Afdeling Finansies in staat te stel om verslagdoening te kan afhandel. 

Kortkursusse sal nie vir 2023 herregistreer kan word tensy die finansiële verslagdoening vir 2022 afgehandel is nie. Slegs in uitsonderlike gevalle en met genoegsame motivering, sal vergunnings ten opsigte van die uitstel van finansiële verslagdoening vir 2022 gemaak word bv - kortkursusaanbiedings wat na 1 November 2022 eers voltooi word en waar volledige finansiële verslagdoening eers later voltooi kan word. 

Vir verdere kortkursusinligting besoek gerus Kortkursusse se webwerf http://kortkursusse.sun.ac.za/us-personeel.html  of kontak shortcourse@sun.ac.za.