Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die sade van Sjinees spruit
Outeur: Confucius Institute at Stellenbosch University
Gepubliseer: 12/07/2021

​Op 6-7 Junie 2021 is die Suid-Afrikaanse finaal van die 20ste Sjinese vaardigheidskompetisie vir universiteitstudente suksesvol gehou. Drie deelnemers van die Confucius Instituut aan die Universiteit van Stellenbosch het aan die kompetisie deelgeneem. Elke Swart het die derde prys verower en Carla Gaskin en Wisdom Peru het die toekenning van uitnementheid gewen.


1CI.jpg

Elke Swart tydens die kompetisie:

wcis.jpg


Carla Gaskin tydens die kompetisie:

w2.jpg

Wisdom Peru tydens die kompetisie:

s3.jpg


Bogenoemde studente het elkeen hul Sjinese vermoë en kunstalent baie goed getoon, en met beperkte voorbereidingstyd goeie resultate behaal. Hulle het baie hard gewerk en hulself uit hul gemaksones gestoot. Hulle het gevolglik groot ervaring en diepgaande denke opgedoen.

Al drie die deelnemers het gesê dat hul ervaring van die kompetisie baie onvergeetlik is en dat hulle weer wil deelneem sou die geleentheid oor hul pad kom. Daarbenewens het hulle gesê dat die beste deel van die kompetisie was om die ander opwindende vertonings van mede-deelnemers te geniet. Hierdie sluit aan by die missie van die Sjinese brugkompetisie - 'n wonderlike geleentheid vir humanistiese uitruilings tussen Sjinese-  en buitelandse jeugdiges en 'n 'brug van kultuur, vriendskap en hart' wat die wêreld verbind.