Valskodlingmot (VKM) is een van Suid-Afrika se mees skadelike landbou
peste en veroorsaak jaarliks aansienlike skade aan sitrus, perskes, nektariens,
appels en vele ander gewasse. VKM kom natuurlik voor in Suid-Afrika, maar is wydverspreid
oor Afrika en dele van die Midde-Ooste. VKM het nognie suksesvol gevestig in Europa
nie en beheerliggame in Europese lande is bekommerd dat dit ‘n ernstige pes sal
word in hul kommersiële gewasse as dit daar
sou aankom. Die Europese Unie
monitor daarom vrugte vanuit Suid Afrika baie noukeurig. As selfs ‘n enkele VKM
gevind sou word, kan die hele versending geweier word en terug gestuur word na
Suid-Afrika, met negatiewe finansiële gevolge vir die Suid Afrikaanse vrugte industrie.
In Suid-Afrika is
VKM egter een van omtrent ses mot spesies wat almal redelik algemeen is in
vrugteboorde en op die oog af baie eenders lyk. Volwasse motte het gewoonlik
patrone op hul vlerke wat hul maklik maak om te identifiseer, maar die ruspes
(larwes) van die motte veroorsaak eintlik meer skade aan gewasse deur in die
vrugte in te boor of deur die blare te kou en is moeiliker om te identifiseer
as die volwasse motte. Identifikasie van die ruspes vereis gewoonlik dat hul ondersoek word met
‘n mikroskoop, asook ‘n sekere vlak van opleiding en kennis om die spesie
korrek te identifiseer. Omdat die EU toenemend streng regulasies implementeer
teen VKM, maar nie teen ander motte wat nie ‘n gevaar is vir Europese gewasse
nie, is dit belangerik om VKM korrek te kan identifiseer.
In November 2017
is twee opleiding sessies aangebied deur die Departement van Bewaringsekologie
en Entomologie van Universiteit van Stellenbosch se Geïntegreerde Pes Bestuur (bekend as IPM)
Inisiatief. In hierdie sessies het Matthew Addison van Hortgro ‘n
gedetailleerde verduideliking aangebied van die nuwe moniteringsprotokol wat
ontwikkel is vir die opspoor van VKM. Daarna het Dr. Pia Addison besonderhede
aangebied oor die biologie, versameling en identifikasie van VKM larwes. Dr.
Addison en Dr. Corey Bazelet het daarna die verskeie hulpmiddels vir die
identifisering van mot larwes gedemonstreer. Sommige van hierdie hulpmiddels
was ontwikkel spesifiek vir hierdie opleiding sessies. Laastens was deelnemers
die geleentheid gegee om die hantering, preservering en identifisering van
larwes te oefen met gebruik van stereomikroskope, voorbeelde en die beskikbare
hulpmiddels.
Deelnemers van
die twee opleidingsessies het 29 verteenwoordigers ingesluit van maatskappye
wat landbou produkte verskaf, privaat konsultante en vrugte produsente. Alle
deelnemers het ‘n ‘starter kit’ ontvang vir die versameling van voorbeelde,
asook ‘n plakkaat wat die diagnostiese kenmerke van VKM aandui, ‘n pamflet vir
die identifikasie van die ruspes wat mees algemeen verwar word met VKM larwes
en ‘n geheuestokkie met die digitale identifikasie hulpmiddel wat ontwikkel was
as deel van die MSc tesis van Me. Monique Rentel in 2012.
In gevalle waar
‘n ruspe hewig beskadig is of eers onlangs uitgebroei het, is VKM identifikasie
met gebruik van mikroskope nie altyd moontlik nie. In hierdie gevalle is die
strepieskodering van DNA die mees betroubare tegniek om te gebruik. Indien u
hulp benodig met die identifisering van ‘n ruspe wat u vermoed is ‘n VKM larwe,
of as u ‘n opleidingsessie wil bywoon of identifikasie hulpmiddels en materiaal
wat in hierdie werkswinkel verskaf is wil ontvang, kontak asseblief vir Dr.
Corey Bazelet (cbazelet@sun.ac.za) of Dr. Pia Addison (pia@sun.ac.za).