Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Erasmus+ Uitruil na Universiteit van Bologna
Outeur: Billy Boshoff
Gepubliseer: 02/08/2017

Prof Billy Boshoff van die Eenheid vir Konstruksiemateriale (UCM) het besoek afgelê aan die Universiteit van Bologna vir 'n week gedurende Mei 2017 as deel van sy sabbatsverlof. Hierdie besoek was 'n Erasmus+ mobiliteit. Die doel van die Erasmus+ program is om die mobiliteit van beide studente en personeel tussen die twee universiteite te fasiliteer.

Gedurende hierdie tyd het Prof Boshoff lesings aangebied oor die kraak van beton en die kruip van veselversterkte beton aan beide voor- en nagraadse studente. Krake in beton is baie algemeen en die uitdaging is om die krake te beheer sodat dit nie 'n negatiewe effek op die lang-termyn gedrag van 'n struktuur het nie. Staal of sintetiese vesels kan ook gebruik word om die krake te beheer, maar daar is dan ook weer verdere probleme wat aandag nodig het, soos die verhoogde kruip.

Die Universiteit van Bologna is die oudste universiteit in die wêreld en Prof Boshoff het ook die ouer dele van die universiteit besoek. Die oudste bestaande gebou is die Archiginnasio van Bologna wat 'n anatomie lesingssaal bevat waar mediese student in die 15de tot 19de eeu klasgeloop het.