Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fakulteit Natuurwetenskappe bied tweede Nagraadse Navorsingskonferensie aan
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 11/12/2023

​Twee MSc student in mikrobiologie en rekenaarwetenskappe het die toekennings vir die Beste Mondelinge Aanbieding na afloop van die Fakulteit Natuurwetenskappe se tweede Nagraadse Navorsingskonferensie ontvang.

Aza Mqulwa van die Departement Mikrobiologie het die toekenning in die Biologiese Wetenskappe-kategorie ontvang vir haar aanbieding met die titel “Recombinant ᴅ-allulose 3-epimerase production in Komagataella pastoris: complementary innovations to reduce clonal screening burden". Jaco du Toit van die Afdeling Rekenaarwetenskappe het die toekenning in die Fisiese Wetenskappe-kategorie ontvang vir sy aanbieding “Hierarchical Text Classification using Language Models with Global Label-wise Attention Mechanisms".

Prof. Frikkie Scholtz, Visedekaan: Navorsing in die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê die doel van die konferensie is om 'n platform te skep vir MSc and PhD student om hul navorsing aan 'n groter gehoor aan te bied, en daardeur hul aanbiedingsvaardighede op te knap.

Naaswenners in die Biologiese Wetenskappe-kategorie was Massimo Nunes en Nicola Vahrmeijer, beide van die Departement Fisiologiese Wetenskappe. Toekennings vir die beste plakkate in hierdie kategorie het gegaan aan Asandile Mangali en Daleen Conradie, beide ook van die Departement Fisiologiese Wetenskappe, en Hannah Foster van die Departement Mikrobiologie.

In dieFisiese Wetenskappe-kategorie was die naaswenners vir beste mondelinge aanbiedings Dylan Callaghan van die Afdeling Rekenaarwetenskappe, en Conrad Strydom van die Departement Fisika. Toekennings vir die beste plakkate is toegeken aan Ruan Visser van die Afdeling Rekenaarwetenskappe, Alexandra Smith van die Afdeling Toegepaste Wiskunde, en Jessica Thibaud van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap.
Op die foto's bo: Ruan Visser, ​Aza Mqulwa, en ​Asandile Mangali. Fotograaf: Ignus Dreyer