Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
OLA Seminaar: “The classroom as an assemblage of places”
Begin: 16/05/2024, 13:00
Einde: 16/05/2024, 14:00
Kontak:Dr Karin Cattell-Holden -
Plek: MS Teams: Click here to join the meeting

U word genooi na die tweede kwartaallikse OLA (Onderrig-Leer-Assessering)-seminaar van 2024, aangebied deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking:


Spreker:  Dr. Taryn Bernard (Verlengde Kurrikulumprogram [VKP], Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) (US Onderriggenoot)

Onderwerp:  “The classroom as an assemblage of places"

Datum:  16 Mei 2024

Tyd:  13:00-14:00

Plek:  MS Teams: Klik hier om by die seminaar aan te sluit


Opsomming van seminaar

Gulsen en Symes (2007:97) wys daarop dat onderrigteorie “takes its cues from other disciplines" en dat opvoedkundiges geneig is om breë epistemologiese wendings ("turns") te volg eerder as om hulle te inisieer. In hierdie seminaar erken ek die dekoloniale wending in Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys (HO) kontekste terwyl ek terselfdertyd gebruik maak van die werk van kritiese geograwe soos Harvey (1996) en Massey (2005) en idees wat voortspruit uit die "ruimtelike wending" (“spatial turn") – 'n wending wat HO praktisyns in Suid-Afrika (nog) nie op 'n sistematiese wyse aangeneem het nie. Deur te put uit drie jaar se visuele, etnografiese data wat ek by 'n groep meertalige studente by die Universiteit Stellenbosch ingesamel het, beklemtoon ek hoe aandag aan “ruimte" (“space") en ruimtelike teorie bydra tot 'n genuanseerde en gesofistikeerde begrip van diversiteit, toegang, insluiting en uitsluiting. Om Stellenbosch vanuit 'n ruimtelike perspektief te ondersoek gaan nie oor die skep van nuwe probleme nie; inteendeel, dit gaan oor die voorsiening van verhelderende raamwerke wat kan ontwrig wat ons dink ons weet, en, in die proses, nuwe moontlikhede vir onderrig, leer en assessering voorstel. My praatjie neem die vorm aan van 'n kritiese selfrefleksie waarin ek die proses van "die word van 'n etnograaf" oorweeg. Terwyl ek dit doen, verweef ek my data en teorie en, aan die einde, grond ek my teoretiese refleksies in konkrete voorbeelde van hoe aandag aan “ruimte" my pedagogiese praktyke verander het.

 

Biografie van spreker

Dr. Taryn Bernard is 'n senior dosent in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Sy het 'n PhD in (kritiese) toegepaste linguistiek en haar navorsing is gerig op die kritiek van dominante institusionele diskoerse en diskursiewe voorstellings. Sy hou tans 'n Onderriggenootskap vir 'n visuele etnografiese studie wat die identiteite, taalideologieë en taal- en geletterdheidspraktyke ("die taalrepertoires") van 'n groep meertalige studente ondersoek terwyl hulle hul pad deur die Universiteit Stellenbosch vind.


Verwysings

Gulson, K.N. & Symes, C. (2007) Knowing one's place: space, theory, education. Critical Studies in Education, 48(1): 97-110. DOI: 10.1080/17508480601123750

Harvey, D. (1996) From space to place and back again. In: Bird, J., Curtis, B., Putnam, T. & Tickner, L. (reds.). Mapping the future: Local cultures, global change. London: Routledge. Pp. 3-29.

Massey, D. (2005) For space. London: Sage.