Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
KI en sosiaal-bewuste pedagogieë
Begin: 16/07/2024, 08:00
Einde: 20/08/2024, 16:00
Kontak:Magriet De Villiers - 021 808 9905
Plek: Centre for Learning Technologies

Hierdie kursus bied aan akademici wat aan die US klasgee die geleentheid om hulle kennis en begrip van die rol wat kunsmatige intelligensie (KI) in inklusiewe pedagogiese benaderings speel, te verbreed. Watter impak het KI op studentleer? Watter pedagogiese benaderings kan ons oorweeg wat inklusiwiteit en gelykheid bevorder?

Deur voort te bou op jare se navorsing in die digitale veld steun die kursus op gevestigde teoretiese perspektiewe en bewysgebaseerde praktyke om deelnemers te help om KI in LOA volhoubaar te integreer.

Deelnemers sal die geleentheid kry om: (1) hulle begrip van sosiale geregtigheid in die huidige digitaalbemagtigde hoëronderwysomgewing te verdiep; (2) hulle kennis en vaardighede uit te brei om krities met outomatiese instrumente soos generatiewe KI om te gaan; (3) ʼn dieper begrip van sosiaal-regverdige pedagogieë en hoe dit studenteleer kan beïnvloed, te ontwikkel; en (4) saam praktiese maniere te ondersoek waarop KI leerervarings in die klas en buite die klas kan beïnvloed.

Hierdie hibriede kursus sal plaasvind in die tweede semester. Kontak asb. vir Magriet de Villiers (mdev@sun.ac.za) om voorlopig te registreer.