Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gesprekvoering om gedragsverandering in die werksplek aan te moedig
Begin: 17/09/2024, 09:00
Einde: 22/10/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?

Ons sal jou bekendstel aan ʼn nuwe, bewysgebaseerde kommunikasiebenadering vir die ontlokking van gereedheid vir verandering in mense – gewoonlik werknemers. Hierdie benadering staan bekend as motiverende onderhoudsvoering (MO). Mense wat met verandering gekonfronteer word, voel dikwels ambivalent oor die keuses tot hulle beskikking. Hulle sien dalk die voordele van die nuwe gedrag vir hulself en die organisasie in, maar vind dit ook moeilik om die kopskuif te maak.

Jy sal praktiese ondervinding opdoen van onderhoudstegnieke wat iemand se ambivalensie oor verandering ten gunste van daardie verandering kan help swaai. Dit is ʼn waardevolle hulpmiddel in die gereedskapskissie van enige professionele kommunikeerder. ​

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

As kommunikasie oor organisatoriese verandering wat werknemers se werk raak, deel van jou werk as bestuurder of MH-beampte is, is hierdie kursus vir jou bedoel. Dieselfde vaardighede kan op talle ander gebiede waar verandering gefasiliteer moet word, ook toegepas word.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die kontaksessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare internetblaaier benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons bied hierdie kortkursus gedurende twee oggendsessies tussen 09:00 en 12:00 aan. Dit vind plaas in die Taalsentrum se Seminaarkamer by Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch. Die volgende kursusdatums is 9 en 16 Oktober 2024.

Indien kontakkursusse nie moontlik is nie, word hierdie kursus aanlyn aangebied. Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie kursus open voordat die eerste sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 

Kontakdae

(09:00 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1:9 en 16 Oktober
17 September tot 22 Oktober
17 September

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

·        twee kontakoggendsessies van drie ure elk

·        ongeveer vier uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R3 850 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings en sessies met die aanbieder insluit – aanlyn of van aangesig tot aangesig. Jy sal ook toegang hê tot die aanlyn platforms.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​