Mei 2021

US-navorser bekyk voedingspraktyke onder babas​

Dr Moleen Dzikiti (Zunza) van die Afdeling Epidemiologie en Biostatistiek het onlangs 'n toekenning ter waarde van meer as R2.6m ontvang vir 'n studie oor voedingspraktyke onder babas van vrouens wat met MIV saamleef.

Die toekenning is van die Europese & Ontwikkelende Lande Kliniese Proewe Vennootskap (European & Developing Countries Clinical Trials Partnership, EDCTP), wat 'n openbare vennootskap is tussen lande in Europa en Afrika suid van die Sahara, en die Europese Unie.

NUUS

US se Guy Midgley een van Reuters se invloedrykste klimaatwetenskaplikes

​Die Universiteit Stellenbosch se Prof Guy Midgley is een van vier Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat op die Reuters Hot List van die top 1000 invloedrykste klimaatsveranderingwetenskaplikes ter wêreld gelys is.

 

US lei nuwe gender-transformerende seksuele- en reproduktiewe gesondheidsintervensiestudie

​Prof Sarah Skeen van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het onlangs ʼn navorsingstoekenning ter waarde van £638 050 (R12,5 miljoen) van die Verenigde Koninkryk se Mediese Navorsingsraad ontvang. Skeen, die mededirekteur van die Instituut vir Lewensgang Gesondheidsnavorsing in die Departement Globale Gesondheid, sal ʼn optimalisasie- en uitvoerbaarheid-proef genaamd 'If I Were Thabo' doen. 

 

US-akademikus ontvang vername Vlaamse poësieprys

​Die gevierde digter en dosent aan die Universiteit Stellenbosch (US), dr Alfred Schaffer, is as die 2021-wenner van die toonaangewende Herman de Conink-prys vir sy versameling poësie getiteld Wie was ik (“Wie was ek") aangewys.

Prof Eugene Cloete as voorsitter van EOHO-inisiatief verkies

Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, by die Universiteit Stellenbosch (US), is as voorsitter van die Entrepreneurskapsontwikkeling in Hoër Onderwys (EOHO) se Gemeenskap van Praktyk (GvP) vir Ondernemende Universiteite verkies.

US kry nuwe Skool vir Klimaatstudie

​In wat beloof om 'n baanbrekersinisiatief in die stryd teen klimaatsverandering te wees, staan die Universiteit Stellenbosch (US) op die punt om 'n nuwe Skool vir Klimaatstudie van stapel te stuur. Die amptelike bekendstelling vind in Junie 2021 plaas
.

Wêreldgehalte platvorm vir Wingerdopleiding en -navorsing bekendgestel

Die Universiteit Stellenbosch en Vinpro het sopas ʼn wêreldgehalte platform vir wingerdopleiding en -navorsing by die Welgevallen-proefplaas in Stellenbosch bekendgestel.

Biologiese plaagbeheer: navorsers weet nou hoe om klein nematodes na plase te vervoer

Vir die afgelope 18 jaar het navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) verskeie spesies nematodes wat natuurlik in Suid-Afrikaanse grond voorkom, bestudeer. In die proses is 'n handvol sulke rondewurm-spesies geïdentifiseer wat gebruik kan word om landbou-plae biologies te beheer.
 

SharkSafe BarrierTM deurstaan twee jaar lange toets by Réunion-eiland

Die SharkSafe BarrierTM, 'n ekovriendelike alternatief vir die tradisionele haaibeheerprogramme, het twee jaar se toetsing in Réunion se baai van St Paul deurstaan. Dít is deel van die volgehoue pogings van die Centre Sécurité Requin (CSR) - die eiland se haairisikobestuursentrum - om 'n werkbare en ekovriendelike oplossing vir die eiland se haaikrisis te vind.

Akkurate kwantifisering van seldinamika moontlik met nuwe sagteware

Ingenieurs en wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch het visualiseringssagteware ontwikkel wat outomaties spesifieke sellulêre prosesse soos mitochondriale splitsing en samesmelting kan lokaliseer en kwantifiseer, en dít boonop in driedimensionele ruimte en tyd.

 

Navorsing by Universiteit Stellenbosch

Weens die COVID-19-pandemie sal hierdie uitgawe tans net in elektroniese formaat beskikbaar wees.

BEFONDSINGSGELEENTHEDE

NAGRAADSE KANTOOR

National Research Foundation Scholarship Call 2022​

 *Hierdie teks is ongelukkig sleg in Engels beskikbaar*

Die NNS se oproep is tans oop vir Honneurs, Magister en Doktorale aansoeke vir voltydse studie. Aansoekers mag nie voltyds, kontrak of permanente poste beklee tydens die M of D studie.
 
Freestanding NRF students who received funding in 2021, do not have to submit a new application, but should submit a Progress report as stipulated in the Conditions of Grant (unless they are progressing to a new study level). Similarly, current funded Masters and Doctoral Grant-holder linked students need not apply for this call, as they may be eligible for continued funding linked to their research projects (unless they are progressing to a new study level). Contact Shannon Faro (sbrooks@sun.ac.za) in this regard.
 
The NRF minimum academic requirement for postgraduate funding is 65%. The entry age requirement is 28, 30 and 32 years or younger for honours, master’s and doctoral studies respectively, in the year of application, regardless of first year of registration. Successful applicants will be funded either at Full Cost Study (FCS) or Partial Cost of Study (PCS). The FCS funding will be awarded to South African citizens and Permanent Residents only, who are either financially needy (i.e., those whose combined household family income is less or equal to R350 000 per annum), living with a disability or exceptional academic achievers. However, the PCS funding will be awarded to 5% of international students including South African citizens and Permanent Residents who could not be funded under FCS but meet other minimum requirements for the NRF scholarship funding criteria. Scholarships are intended to support honours, master’s and doctoral candidates to pursue studies in all areas of Science, Engineering, Technology, Social Sciences, and Humanities.
 
The NRF has phased out the block grant nomination process as well as the grant-holder linked modalities. All new postgraduate students will be expected to apply on the NRF Online Submission System by accessing the link: https://nrfsubmission.nrf.ac.za/.
 
NB: Students recruited by supervisors to be linked to Grant-holder projects should select Grant-holder linked Scholarship under the “Application Category” of the 2022 NRF Postgraduate Scholarships application and complete the Supervisor UID/Application Reference under the Reference section. In other words, current and prospective NRF project leaders will share with their prospective students their NRF UID or Application Reference which the student will then indicate on their Scholarship application form.

Befondsingsgeleenthede
US Interne Sluitingsdatums
Kontak Persoon
Eerste (keer) Magister
beurse
17 Junie 2021
 Rozelle Petersen  
 rnp@sun.ac.za
Eerste (keer) Doktorale beurse (Nuffic Doktorale beurse ingesluit)
01 Julie 2021
Rozelle Petersen  
 rnp@sun.ac.za
SARAO Eerste (keer)
Magister en Doktorale beurse
26 Julie 2021
Rozelle Petersen  
rnp@sun.ac.za
 
SARAO Honneursbeurse
03 Augustus 2021
Tammy Abrahams
tammya@sun.ac.za
en
Nugent Lewis
nugent@sun.ac.za
Verlengde ondersteuning vir Magister en Doktorale studies
 
23 Augustus 2021
Rozelle Petersen (Vryestaande studente)
rnp@sun.ac.za
Shannon Faro (toekenningshouers)
sbrooks@sun.ac.za
Dominique Meyer (Thuthuka toekenningshouers)
dominique@sun.ac.za
Algemene Honneursbeurse
*1 September 2021 vir studente wat steeds 'n finansiële middeletoets moet ondergaan;
1 November 2021 vir die res
Tammy Abrahams
tammya@sun.ac.za
en
Nugent Lewis
nugent@sun.ac.za

 

ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS

USI
BIB

BIBLIOTEEK EN INLIGTINGSDIENS

Avontuurspeletjie vir Navorsingsdatabestuur bekendgestel

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie aan. Die NDB speletjie is 'n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens 'n navorsingsprojek ondervind word. 
 

WEBINARS

Virtuele WRCI 2021

PODSENDING

Die Universiteit Stellenbosch (US) het laasjaar sy eie podsending-kanaal, talks @ stellenboschuni, bekendgestel om 'n platform te bied vir US-navorsers om hul werk buite die tradisionele vorme van akademiese diskoers te bespreek.