Stellenbosch University
Welcome to Stellenbosch University
Internationalised & inclusive course design practices
Start: 27/10/2022, 12:00
End: 27/10/2022, 15:00
Contact:Anika Berning - 0218089211
Location: Online / Aanlyn

​Tydens hierdie sessie sal u op ‘n interaktiewe wyse meer leer van hoe om die module wat u aanbied te internasionaliseer deur idees te deel van beoogde leer, pedagogiese benaderings en assesserings tegnieke by SU en UG.

Die doel van hierdie sessie is om dosente en steunpersoneel van modules bekend te stel aan die beginsels wat geïntegreer kan word in reeds bestaande modules/kursusse. Vir meer inligting rakende die sessie se inhoud, kyk asb na hierdie kort video en besoek gerus die EQUiiP web​tuiste​


Die volgende twee sessies sal handel oor Interkulturele Groepdinamika, en Die Rol van Taal.


Leeruitkomstes

Na afloop van die sessie, sal jy daar toe in staat wees om:


● die belangrikheid van internasionalisering en inklusiewe leer (uitkomstes) vir studente en hulle indiensneembaarheid te verken.


● studente perspektiewe rakende inklusiewe en interkulturele onderrig te herken.


● bewustheid te skep rakende studente se vaardigheidsontwikkeling oor die langtermyn binne ‘n wyer kurrikulum.


● idees en praktyke te deel rakende beoogde internasionale/interkulturele onderrig.


● algemene onderrig beginsels toe te pas as ‘n raamwerk vir die bespreking van voorvereistes vir suksesvolle onderrig en leer in ‘n intersionale klaskamer.