9 Februarie 2012

Beste Kollegas en Studente

Ek het onderneem om julle op die hoogte te hou van vordering oor die herorganisering van die top-bestuursportefeuljes en die aanstel van waarnemende viserektore: laasgenoemde ook ter wille van die voortgesette effektiewe strategiese bestuur van die navorsings- en onderrigportefeuljes van ons Universiteit. Ek verwittig julle graag dat prof Doug Rawlings, 'n vorige waarnemende Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe en A-gegradeerde navorser, as waarnemende Viserektor (Navorsing), en prof Wynand van der Merwe, vorige Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, as waarnemende Viserektor (Onderrig) met ingang Maandag 13 Februarie 2012 aangestel is. Albei beskik oor uitgebreide ervaring op verskeie terreine van die akademie, en hul insigte en bewese leierskapsvermoë sal vir ons van onskatbare waarde wees in die verdere ontwikkeling van die prosesse wat nou voorlê. Ons wil uiteraard die aanstel van die nuwe viserektore so gou doenlik afhandel.

Ek maak staat daarop dat die waarnemende viserektore te alle tye die volle samewerking en ondersteuning van al ons personeel en ons studente sal geniet.

Byvoorbaat dankie daarvoor.

Met beste wense.

 

9 February 2012

Dear Colleagues and Students

I undertook to keep you updated on the progress relating to the re-organisation of the top management portfolios and the appointment of the acting vice-rectors: the latter also in consideration of the continuous effective strategic management of the research and teaching portfolios of our University. I have the pleasure to inform you that Prof Doug Rawlings, a former acting Dean of the Faculty of Science and A-rated researcher, has been appointed as Vice-Rector (Research), and Prof Wynand van der Merwe, the former Dean of the Faculty of Health Sciences as Vice-Rector (Teaching) as from 13 February 2012. Both have extensive experience in various aspects of academia, and their insights and proven leadership abilities will be invaluable in the development of the processes ahead. It stands to reason that we would like to complete the appointment of the new vice-rectors as soon as possible.

I trust that the acting vice-rectors can depend on the cooperation and support of all our staff and our students at all times.

Thanking you in anticipation.

With best wishes.