Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wes-Kaapse waterkrisis

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​water crisis_1.jpg

Die Wes-Kaap ondervind tans die ergste droogte in die provinsie se geskiedenis weens swak reënval gedurende die 2016 en 2017 winter reënseisoene. Die vlakke van damme en reservoirs is laer as ooit tevore en ernstige waterbeperkings is reeds in werking gestel.

Kundiges by die Universiteit Stellenbosch werk hard om die watervoetspoor by die US se vyf kampusse te verminder. Fasiliteitsbestuur het 'n Droogte Gebeurlikheidsplan en 'n verskeidenheid van waterbesparingsinisiatiewe geïmplementeer. Intussen is navorsers steeds besig om ondersoek in te stel na  innoverende maniere om water te bespaar.

 

Die waterbesparingsinisiatiewe sluit onder meer in:

  • Aterbesparende stortkoppe en -krane in koshuise
  • Waterlose urinale
  • Waterverplasende en -besparende eenhede en toestelle in toilette
  • Llektroniese watermeters om waterverbruik en lekkasies te monitor.
  • Boorgate
  • Gebruik van gryswater
  • Die aanplant van inheemse, endemiese en waterwys-plante in tuin​
water crisis_8.jpg

'Smart Water Meter' verskaf innoverende oplossing vir die vermorsing van water

With the severe water shortage that is currently plaguing the Western Cape, innovative solutions are in greater demand than ever before.​

water crisis_3.jpg 

Chemie-studente spaar 3000 liter water per week in lab

Drie Chemie-studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het die waterverbruik van hulle laboratorium met ten minste 3 000 liter per week laat afneem.

water crisis_5.jpg 

Hoe volhoubaar is Suid-Afrika se grondwaterbronne?​​

Dít is die groot vraag wat drie nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wil beantwoord. 


water crisis_4.jpg

US-inisiatiewe om water te bespaar​​

Die Universiteit Stellenbosch het verskeie intervensies om water te bespaar geïmplementeer - van die opvangs van gryswater vir hergebruik tot die grootskaalse uitrol van waterbesparende koppeling en toestelle.​​​

water crisis_6.jpg 

“Waterkrisis" het meer as een oorsaak, sê waternavorser

Indien alle Kapenaars saamstaan en water bespaar, kan die water in ons damme nog vir dubbel die huidige geskatte periode voldoende wees.

Pic by: Ashraf Hendricks/GroundUp (CC BY-ND 4.0)

water crisis_8.jpg 

Nuwe kwalifikasie in waterprosesbestuur nader voltooiing

'n Interaktiewe werkswinkel om die inhoud van 'n nuwe beroepskwalifikasie vir waterprosesbestuur te ontwikkel, is van 19 tot 21 Julie by die Faure Waterwerke in die Wes-Kaap deur die Stellenbosch Universiteit Water Instituut (SUWI) aangebied.

water crisis_7.jpg 

How smart meters can save water in drought ridden Cape Town​

The water crisis in South Africa’s Western Cape is cause for grave concern. Authorities are desperately trying to find new water sources, due to consumption not reducing to sustainable targets. ​

Pic by: Ashraf Hendricks/GroundUp (CC BY-ND 4.0)


​Vir meer artikels oor water, KLIEK HIER