Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ateljee vir interaktiewe uitsendings

Telematiese Dienste bestuur tegnologieplatform wat satelliet-, selfoon-, webgebaseerde en videokonferensie-tegnologie integreer. Die ateljee op kampus saai uit na 22 verspreide leersentrums dwarsoor Suidelike Afrika en wêreldwyd d.m.v. Internetstroming. 

Vanuit die ateljee op die Stellenbosch-kampus word die geënkodeerde sein via die Intelsat
17-satelliet op 66.0°
O uitgesaai. Die voetspoor dek die grootste deel van die Afrika-vasteland. Studente kommunikeer met die aanbieder in die ateljee deur van selfoontegnologie gebruik te maak, of via n webkoppelvlak. Die telematiese platform is ook beskikbaar vir gebruik deur eksterne kliënte om sodoende hulle korporatiewe opleiding en professionele ontwikkeling te verbeter. 

Die ateljee sluit die volgende in en kan verskillende uitlegte akkommodeer: 
      • ​​’n Formele lessenaar met n oorhoofse kamera 
      • n Formele lessenaar met n lewendige gehoor 
      • n Informele uitleg vir paneel besprekings of onderhoude 
      • Ligbord-opnames 

 

Rig asseblief navrae aan: 

Hennie Roux 
Ateljeebestuurder 
Tel: +27 +21 808 2494 
E-pos: hennieroux@sun.ac.z