​​​​Gradeplegtigheiddag

Die Desember-gradeplegtighede van die Universiteit Stellenbosch vind vanjaar van 9–13 Desember 2019 in die Coetzenburg-sentrum by die Coetzenburg-stadion plaas. Om uit te vind wanneer jy jou graad ontvang, klik asb op jou fakulteit.

Aankomstyd

Voorgraads, honneurs en magister

Neem kennis dat graduandi NIE MEER voor die gradeplegtigheid by die pawiljoen in die Danie Craven-stadion hoef aan te meld nie. Graduandi moet 1 uur voor die aanvang van die plegtigheid direk na die Coezenburg-sentrum gaan en moet dan reeds in besit wees van hul gehuurde akademiese drag. Jou aankondigingskaartjie sal by hierdie punt aan jou gegee word. Graduandi word vriendelik versoek om hul sitplekke ten minste 45 minute voor die aanvang van die gradeplegtigheid in te neem.

Doktorale kandidate

Doktorale kandidate moet 1 uur voor die aanvang van die plegtigheid by die Barlow-lokaal in die Jannie Marie Huis aanmeld.

Kandidate wat laat opdaag

Kandidate wat ná die aanvang van die plegtigheid by die Coetzenburg-sentrum opdaag, sal nie toegelaat word om oor die verhoog te stap nie, maar sal hulle kwalifikasie in absentia ontvang. Gaste wat laat opdaag, sal in die oorspoellokale sitplek ontvang.

Sit- en lokaal-protokol

Die reëlings vir sitplekke is soos volg:

  • Bespreekte sitplekke is aan graduandi toegeken – die deure open 1,5 uur voor die aanvang vir die plegtigheid vir graduandi. Graduandi word vriendelik versoek om hul sitplekke ten minste 45 minute voor die aanvang die plegtigheid in te neem.
  • Gaste het nie bespreekte sitplekke nie – die deure open 1 uur voor die plegtigheid vir gaste.
  • Plekaanwysers sal beskikbaar wees om beide die graduandi en gaste na hul sitplekke te vergesel.
  • Neem asb kennis dat die deure 15 minute voor die aanvang van die seremonie toegemaak sal word.