Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Selfregistrasie (e-registrasie)

Registrasieprosedure

As jy voorwaardelike toelating gekry het en jy word finaal aanvaar, kan bevestiging daarvan sowel as instruksies vir registrasie vanaf 26 Februarie verwag.

​Weens die voortgaande risiko wat die Covid-19-pandemie stel, wil ons vra dat jy, as jy wel finale toelating verkry, asseblief aanlyn registreer. (Dit geld ook vir alle ander US-studente – d.w.s. wat hulle studies voortsit.) As jy enige probleme met die aanlyn registrasiestelsel of -proses ondervind, kan jy per e-pos registreer deur jou spesifieke fakulteitsbeampte of -administrateur te kontak. Die kontakbesonderhede en registrasie-inligting vir die onderskeie fakulteite en programme verskyn hier onder. 

Daar is drie registrasie-opsies beskikbaar. 

Opsie 1: Self- of aanlyn registrasie

  • Die meeste studente kan aanlyn registreer, en ons wil jou aanmoedig om die opsie via ons aanlynregistrasieportaal te gebruik. Klik HIER vir 'n lys van alle programme waarvoor hierdie opsie beskikbaar is.
  • Jy kan selfregistrasie vanaf enige rekenaar met internettoegang doen via my.sun.ac.za.
  • Jy het nié toegang tot selfregistrasie nie indien:
  • een of meer dokumente wat as bewys van toelaatbaarheid vereis word, ontbreek (bv. jou matriekvrystellingsertifikaat, uitslagadvies of postmatriek-bewyse van toelaatbaarheid);
  • jou hertoelating tot die Universiteit nie in orde is nie; alle studente wat vir 2020 ingeskryf was, is vanselfsprekend vir 2021 toegelaat op grond van 'n institusionele besluit dat geen student in 2020 akademies uitgesluit sal word nie;
  • jou Universiteitsrekening agterstallig is (debiteure); as jou studenterekening en eerste paaiement van registrasiegeld op datum betaal is en by die Afdeling Studentegelde op die stelsel vasgelê is, en jy aan alle ander vereistes vir selfregistrasie voldoen, kan jy wel selfregistreer (verwys asseblief na die afdeling oor studentegelde hier onder);
  • die Universiteit jou vir 'n nagraadse program aanvaar het en jy in 2021 vir die eerste keer vir daardie program registreer (nagraadse nuwelinge);
  • jy vir 'n spesiale program of as spesiale student wil registreer, of na 'n ander program oorskakel; of
  • die finale uitslag op jou akademiese rekord aan die einde van die jaar iets anders as “slaag jaar" is. 

Opsie 2: Registrasie per e-pos

  • Hierdie opsie is beskikbaar slegs as jy nie toegang tot die selfregistrasiestelsel het nie OF nie in staat is om self te registreer nie.
  • Maak seker dat jy die betalingsbewys of bewys van 'n studiebeurs wat die eerste paaiement van jou studiegeld dek, by jou e-posaansoek om registrasie aanheg.
  • As van jou studiekoste vir 2020 nog onbetaald is, sal jy nie toegelaat word om te registreer nie (behalwe as jy 'n NSFAS-beurshouer is wat aan die vereistes voldoen). Jy moet die personeel by die betrokke Beurse en Lenings-kantoor vooraf hieroor kontak (kontakbesonderhede verskyn hier onder).
  • Gebruik gerus die kontakpersone hier onder om jou met registrasie via e-pos te help.
  • As jy 'n nagraadse studente is, sal jy 'n registrasievorm per landpos ontvang, wat jy kan invul en aan jou fakulteitsverteenwoordiger e-pos. Verwys asseblief na die kontakbesonderhede vir die betrokke persone hier onder.

Opsie 3: Registrasie op kampus (Let op: Hierdie opsie is onderworpe aan die Covid-19-verwante omstandighede en toepaslike regulasies wat op daardie tydstip geld.)

  • Hierdie opsie is beskikbaar slegs as jy nié toegang tot selfregistrasie het nie EN nie via e-pos kon registreer nie.
  • Registreer persoonlik op die Stellenbosch-kampus in die rekenaargebruikersarea (NARGA) in die Administrasie A-gebou volgens die skedule vir registrasie op kampus in die tabel hier onder.
  • Maak seker dat jy 'n bewys van betaling of jou beursbrief saambring wat die eerste paaiement van jou studiegelde dek.
  • As van jou studiekoste vir 2020 nog onbetaald is, sal jy nie toegelaat word om te registreer nie (behalwe as jy 'n NSFAS-beurshouer is wat aan die vereistes voldoen).
  • As jy nie volgens die rooster vir registrasie op kampus kan registreer nie, kan jy 'n afspraak met 'n personeellid op kampus maak. Dit word egter net by uitsondering gedoen, en slegs as jy op geen ander manier kan gehelp word nie. Ons sal meer inligting hieroor stuur.

Klik asseblief HIER vir registrasiereëlings spesifiek vir die Tygerberg-kampus. 

KLIK ASSEBLIEF HIER VIR ​KONTAKBESONDERHEDE VIR FAKULTEIT- OF PROGRAMSPESIFIEKE INLIGTING EN DIENSTE.