Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Magister- en doktorale studente

Terugkerende magister- en doktorale studente

Terugkerende magister- en doktorale studente moet aan die begin van elke jaar vir die volle tydperk van hul studies totdat die graad toegeken word as studente registreer. Registrasie kan tot 31 Januarie ingevolge die registrasierooster gedoen word.

Jy kan van die ondersteunde registrasie (Ingenieurs-studente uitgesluit) of selfregistrasie gebruik maak of per e-pos registreer. Diegene wat per e-pos registreer, word versoek om die toepaslike vorm(s) te voltooi wat aan alle magister- en doktorale studente gestuur word wat vir ten minste ʼn jaar vir die program geregistreer was.

Nuwe- magister- en -doktorale studente vir 100% tesis-/proefskrif-programme :

Nuwe- magister- en -doktorale studente kan tot 27 Maart 2020 vir 100% tesis-/proefskrif-programme registreer.