Covid-19-veiligheidsprotokolle

  1. Die lokaal sal deeglik volgens die goedgekeurde Covid-19-protokol skoongemaak en ontsmet word.
  2. Alle protokolle oor sosiale distansiëring sal binne die lokaal gevolg word. Bly asseblief te alle tye ten minste 1 m weg van ander.
  3. Dit is verpligtend vir graduandi, gaste en personeellede om vir die volle duur van die plegtigheid ’n masker te dra, ook op die gradeverhoog.
  4. Geen gas of graduandus sal sonder ’n masker toegang tot die lokaal verkry nie.
  5. Dit is verbode om in die lokaal te eet. Slegs bottelwater word toegelaat.
  6. Die deure sal 30 minute voor die plegtigheid open.
  7. Maak asseblief seker dat jy 30 minute voor die aanvang van die plegtigheid by die lokaal is.
  8. Nie jy óf jou gaste sal sonder ’n toegangskaartjie by die lokaal ingelaat word nie.
  9. Daar sal ongelukkig geen bykomende gastekaartjies vir enige van die gradeplegtighede beskikbaar wees nie.
  10. Ons rig ’n eerbiedige versoek dat graduandi en gaste bo 60-jarige ouderdom en/of met enige onderliggende toestande hetsy nie die plegtighede bywoon nie of bykomende voorsorg tref. Die gradeplegtighede sal regstreeks oor die internet uitgesaai word vir familie en vriende wat nie daar kan wees nie.
  11. Alle graduandi en gaste moet vooraf Higher Health se HealthCheck-sifting voltooi. Neem asseblief ’n skermskoot van die siftingstatus en hou dit byderhand om by aankoms by die lokaal te toon. Die HealthCheck-toepassing is by https://healthcheck.higherhealth.ac.za te kry.
  12. ’n Groen/laerisikostatus word vereis om toegang tot die lokaal te verkry. Graduandi en gaste met enige ander status sal nie toegelaat word nie.
  13. Om aan COVID-19-protokol te voldoen, sal geen graadserpe omgehang word nie. Personeellede sal dus ook nie toegelaat word om hulle familielede se graadserpe om te hang nie.
  14. Ons versoek vriendelik dat almal die lokaal so vinnig moontlik ná die geleentheid verlaat sodat skoonmaak en ontsmetting met die oog op die volgende plegtigheid kan begin.
  15. Jy is welkom om ná die tyd foto’s te neem, hoewel dit buite die lokaal sal moet geskied.
​ ​ ​