Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Personeel nuusbriewe


info@StellenboschUni

info@StellenboschUni is 'n weeklikse e-kennisgewing wat elke Woensdag per e-pos aan personeel gestuur word om belangrike gebeure, kennisgewings en aankondigings te kommunikeer.

Plasingsbeleid:

  • Kennisgewings en gebeure moet voor 12:00 op die Dinsdag voor info@StelelnboschUni se verskyning geplaas word om vir plasing  oorweeg te word.
  • Om 'n kennisgewing te laai, kliek hier. Vir die plasing van 'n gebeurtenis, kliek hier
  • Maak seker dat Visibly Featured = Staff snippet  vir personeelkennisgewings en -gebeurtenisse gemerk is. 
  • Let asseblief daarop dat kennisgewings slegs in info@StellenboschUni geplaas sal word indien dit volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar is.

Kontak sonika@sun.ac.za met enige vrae .

 

nuus@StellenboschUni

nuus@StellenboschUni, is 'n weeklikse e-nuusbrief wat op Donderdae per epos aan personeel gestuur word. Dit sal belangrike universiteits- en kampusnuus dra, 'n kort boodskap van bestuur, asook 'n oorsig van hoe die US daardie week in die media uitgebeeld is. 

Plasingsbeleid vir nuus@StellenboschUni:

  • Die spertyd vir bydraes vir nuus@StellenboschUni is op 'n Dinsdag om 12:00. 
  • Om meer uit te vind oor hoe om 'n artikel op te laai, klik hier. Om 'n nuusartikel op te laai, klik hier.
  • Let asseblief daarop dat artikels slegs in nuus@StellenboschUni gepubliseer sal word as dit volledig in Afrikaans en Engels opgelaai is.

Kontak newssu@sun.ac.za vir enige verdere vrae .

 

leef@StellenboschUni

Leef@StellenboschUni​ is ʼn aanlyn- digitale tydskrif vir US-personeel, met onderhoude, artikels, navorsingsnuus, artikels oor personeelsake, rubrieke, asook fotogalerye. Die webblad word tweeweekliks opgedateer met nuwe inhoud en kennisgewings van dié nuwe artikels word via news@StellenboschUni uitgestuur.

Stuur artikels en rubrieke na lifesu@sun.ac.za.

Kontak wmuller@sun.ac.za vir verdere navrae.

 

Oplaai van kennisgewings en gebeure

Maak asseblief gebruik van die Sharepoint user guides om kennisgewings en gebeure op die US se webblad te laai.

Let op die volgende:

  • Inhoud moet in Afrikaans en Engels opgelaai word.
  • Items moet op 'n Dinsdag voor 12:00 opgelaai word om vir info@StellenboschUni in ag geneem te word.
  • Gebeure moet inligting oor waar, wanneer en hoe laat die geleentheid plaasvind insluit, asook meer inligting oor wat die geleentheid behels. Besonderhede van 'n kontakpersoon is 'n vereiste.
  • Kennisgewings moet volledige, maar bondige inligting asook die besonderhede van 'n kontakpersoon insluit.
  • Banierfoto's moet in landskapformaat en 940 x 310 pixels groot wees. Klik hier vir 'n gids oor hoe om foto's vir die web reg te kry.
  • Maak seker dat foto's nie oor die teks op die webblad loop nie.
  • Gebruik hoofletters slegs waar nodig en hou opskrifte so kort as moontlik.  

Vir hulp met die oplaai van items, kontak sonika@sun.ac.za.

Vir opleiding in die oplaai van artikels, kennisgewings en gebeure, kontak spowchong@sun.ac.za. ​