Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beleide en Riglyne

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Navorsingskomitee adviseer die Senaat oor kwessies aangaande navorsing. Hierdie komitee het die mag om sekere aksies uit te voer namens die Senaat en maak 'n bydrae tot die bevordering van navorsing by die Universiteit Stellenbosch.
Subkomitees A, B en C adviseer die Navorsingskomitee oor kwessies aangaande hul spesifieke kundigheidsareas en is bemagtig om sentrale navorsingsfondse aan navorsers toe te ken en om aansoeke vir evaluasie en befondsing van die NNS te hersien. Die subkomitees mag verskillende kriteria toepas in die toeken van fondse, maar moet die breë kategorieë en kriteria aan die Navorsingskomitee voorlê vir goedkeuring.

Daar is vier staande subkomitees van die Navorsingskomitee:

  1. Subkomitee A vir die fakulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid, Teologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Krygskunde
  2. Subkomitee B vir Natuurwetenskappe, AgriWetenskappe en Ingenieurswese
  3. Subkomitee C vir Gesondheidswetenskappe
  4. Die Subkomitee verantwoordelik vir die Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF)

    ​​​