Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Sekere instansies stel oproepe vir projekvoorstelle oop vir die publiek en in reaksie op sodanige oproep word daar van die Universiteit verwag om sekere tenderdokumentasie in te dien tesame met die projekvoorstel en begroting. Normaalweg word ‘n geldige belastingsertifikaat, ‘n BEE-sertifikaat, verklaring van aankoperekords, verklaring van konflik van belange, finansiële inligting van die Universiteit ens., ingesluit in die tenderdokumentasie. ‘n Belangrike aspek van tenders is dat die bepalings van die kontrak reeds tydens die tenderstadium vasgemaak word en is ononderhandelbaar, dus stem die Universiteit in tot die bepalings voordat ‘n projek toegeken word. Die Universiteit stel maatreëls in plek om moontlike risiko's te mitigeer.