Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Hierdie ooreenkoms word gebruik wanneer die een party die kliënt is en die ander party die diensverskaffer (hetsy analitiese toetsing, konsultasiediens ens.). Die ooreenkoms maak voorsiening vir die aflewerbares, voltooiingskriteria, afleweringskedule, betalingskedule, prioriteite en verantwoordelikhede. Die diensverskaffer gebruik sy/haar spesialiskennis en agtergrond intellektuele eiendom om die werk (advies / interpretasie van data of resultate ens.) te kan uitvoer. Dit is onwaarskynlik dat nuwe IE of publikasies sal voortspruit uit die werk wat uitgevoer word.