Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsintegriteit en -etiek

​​Die Universiteit Stellenbosch (US) is verbind tot die toepassing van die waardes van billikheid, deelname, deursigtigheid, diens, verdraagsaamheid en wedersydse respek, toewyding, vakkundigheid, verantwoordelikheid en akademiese vryheid in al sy aktiwiteite (soos vervat in die US Visiestelling). Dit sluit, per definisie,​ alle navorsing by die Universiteit in.

Die US het verder die siening ​dat goeie wetenskap etiese aanspreeklikheid aanvaar volgens nasionale en internasionale erkende norme. Die verantwoordelikheid hiervoor berus by alle persone wat onder die beskerming van die US navorsing doen.

Die Universiteit het vier etiekkomitees wat almal funksioneer onder die Senaat-Navorsingsetiekkomitee (SNEK) naamlik:

1.       Navorsingsetiekkomitee: Humaniora (NEK: Humaniora)
2.       Gesondheidswetenskappe Navorsingsetiekkomitee: Mensnavorsing en Kliniese Proewe
3.       Navorsingsetiekkomitee: Sorg en Gebruik van Diere  (NEK: SGD)
4.       Navorsingsetiekkomitee: Bio-veiligheid en Omgewingsetiek (NEK: BOE)

Hierdie komitees se funksie is om te verseker dat alle navorsings- en onderrig aktiwiteite aan die US binne die nasionale en internasionale aanvaarde standaarde en wetgewing met betrekking tot etiek in navorsing geskied​.

  • Beleid vir Verantwoordelike Navorsingsgedrag aan die Universiteit Stellenbosch
  • Prosedure vir die ondersoek van navorsingswangedrag aan die Universiteit Stellenbosch
  • Ethics in Health Research Principles, Processes and Structures. Second Edition. Department of Health 2015. (Slegs beskikbaar in Engels)
Contact- (28).png 

Al die navorsingsetiekkomitees het hul administrasie oorgeneem na ʼn nuwe elektroniese navorsings-inligtingbestuurstelsel wat binne die Afdeling Navorsingsontwikkeling geïmplementeer word. Alle kommunikasie rakende aansoeke​ vanaf hierdie komitees sal van nou af via hierdie stelsel uitgestuur word.