Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​‘n Skenkingsooreenkoms kan verskeie vorms aanneem. Sommige donateurs reik ‘n toekenningsbrief uit en ander vereis dat ‘n kontrak onderteken word. Binne die konteks van navorsings- en navorsingsverwante kontrakte, word skenkings gekenmerk as fondse waar die intensie is om die fondse aan te wend vir navorsing binne ‘n spesifieke veld; en die donateur stel geen eise in terme van navorsingsresultate, intellektuele eiendom of kommersialisering nie. Die donateur mag wel finansiële en vorderingsverslae versoek om te verseker dat die fondse aangewend word vir die doel waarvoor dit geskenk word.