pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​AFRIKASENTRUM VIR MIV/VIGS-BESTUUR​

Die Suid-Afrikaanse presidensie het die US teen die einde van 2000 genader om ’n program te ontwikkel wat MIV-opleiding en -vermoëbou aan bestuurders en leiers van die land se arbeidsmag beskikbaar stel. Die beweegrede was dat, ongeag wat in die gemeenskap gedoen word, voorkoming en sorg ook na die werkplek uitgebrei moet word om die verspreiding van die MIV/vigs-pandemie te help stuit. Die Nagraadse Diploma in MIV- en Vigsbestuur is gevolglik ontwikkel en die eerste keer in 2001 aangebied. Die Sentrum bied deesdae ook ’n magisterprogram aan.

Die Afrikasentrum vir MIV/vigs-bestuur is as ’n direkte gevolg van die sukses van dié programme in Januarie 2003 tot stand gebring. Die Sentrum is ’n onafhanklike akademiese eenheid vir onderwys, navorsing en gemeenskapsdiens met betrekking tot MIV- en vigsbestuur in die werkplek.

Die Sentrum bied die omvattendste MIV-opleidingsprogramme ter wêreld aan.​ Klik hier vir verdere inligting.​

​​

NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS
  • NGDip (MIV/VIGS-bestuur)​ ​
​​​  MAGISTERGRADE
    • ​MPhil (MIV/VIGS-bestuur)​
     DOKTORALEGRADE​
    • PhD ​(MIV/VIGS-bestuur)​​
    Aansoekproses