Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nomination

​​

           SU100_Stack_webresize.png   UNIVERSITEIT STELLENBOSCH


​​VERKIESINGS DEUR DIE KONVOKASIE VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH VAN:

1. DRIE RAADSLEDE VIR DIE TERMYN 2 APRIL 2018 TOT 1 APRIL 2022

EN

2. EEN RAADSLID VIR DIE TERMYN 2 APRIL 2018 TOT 1 APRIL 2020


Ooreenkomstig par. 59 van die Statuut van die Universiteit Stellenbosch, word lede van die Konvokasie hiermee in kennis gestel dat die ampstermyne van proff WAM (Wannie) Carstens, JH (Joan) Hambidge en mnr JG (Johan) Theron as lede van die Ra​ad van die Universiteit, daartoe deur die Konvokasie verkies, op 1 April 2018 verstryk.

'n Verdere vakature het onstaan as gevolg van die bedanking van prof GJ Crafford wat vir die termyn 4 November 2016 tot 1 April 2020 aangestel was.

Skriftelike nominasies deur lede van die Konvokasie vir vulling van hierdie vakatures, soos hierbo genoem, word tot 12:00 nm op Woensdag, 7 Maart 2018 deur die Registrateur ingewag. Elke nominasie moet deur minstens vyf lede van die Konvokasie ondersteun word (vergesel van 'n handtekening en identiteitsnommer van elke nomineerder) en moet die skriftelike aanvaarding van die nominasie deur die genomineerde onder sy/haar handtekening bevat. Kontakbesonderhede van die kandidaat, 'n kleur paspoortgrootte foto, 'n bondige CV en 'n kort visiestelling vir die Universiteit moet die nominasie vergesel. Die CV en visiestelling saam moet beperk word tot 'n maksimum van 50 woorde en moet in beide Engels en Afrikaans voorsien word.

Indien meer as drie (3) persone vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2022 genomineer word, of meer as een (1) persoon vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2020, sal 'n verkiesing gehou word vir daardie posisie(s).

Ingevolge die US Statuut, geld die volgende vereistes vir die nominasies van kandidate:

  • Kandidate moet persone met ondervinding en kundigheid relevant tot die oogmerke en aktiwiteite van die Universiteit wees.
  • Kandidate mag nie 70 jaar of ouer wees ten tye van nominasie of op 2 April 2018 nie.
  • Kandidate mag nie werknemers van of studente aan die Universiteit wees nie en geen kandidaat mag lid van die Raad of die uitvoerende bestuur van 'n ander nasionale openbare hoëronderwysinstelling wees nie.

Die onus rus op die nomineerders en genomineerdes om te verseker dat die nominasies geldig is en belyn is met die US Statuut.  Nomineerders en genomineerdes word geadviseer om hulself van die relevante bepalings in die US Statuut te vergewis ten einde te verseker dat die nominasies en die aanvaarding van die nominasies geldig is.  Versuim om aan die vereistes van die Statuut te voldoen sal lei tot die diskwalifisering van 'n nominasie.

 


Dr Ronel Retief​
REGISTRATEUR
Admin A, Kamer 2020
Ryneveldstraat
STELLENBOSCH​
Faks: 086 606 7946 / E-pos: ronelretief@sun.ac.za

21 Februarie 2018