Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​

​​​

KENNISGEWING AAN  LEDE  VAN  DIE  KONVOKASIE

VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

VERKIESING  VAN  'n US RAADSLID  VIR  DIE TERMYN

2 APRIL 2018 TOT 1 APRIL 2020


 

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is in die pers en per e-pos in kennis gestel dat 'n vakature ontstaan het as gevolg van die bedanking van prof PG (Gerrit) Craf​ford, wat deur die Konvokasie vir die termyn 4 November 2016 tot 1 April 2020, tot lid van die Universiteitsraad verkies was.

​Lede van die Konvokasie is versoek om nominasies vir die vulling van die vakature voor te lê.  Aangesien daar meer as een (1) kandidaat genomineer is, word daar 'n verkiesing gehou.  U VERTROULIKE STEMBRIEF moet die Registrateur voor 12:00 op Maandag, 30 April 2018  bereik.  Verifikasie van die geldigheid van stembriewe sal gedoen word.  ​

​​

VERKIESINGSREëLS

  1. U mag vir hoogstens een (1) kandidate ten opsigte van boge​​​noemde termyn stem.   Merk die blokkies langs die name van die kandidate vir wie u stem en voltooi die stembrief.  Geen ander verandering op die stembrief is toelaatbaar nie.
  2. Niemand mag  meer as een stembrief vir bogenoemde termyn voltooi nie en u moet die VERTROULIKE STEMBRIEF​​ volledig voltooi.
  3. Niemand mag namens iemand anders stem of op iemand anders se stembrief stem nie.
  4. Deur die voltooiing van hierdie stembrief neem die betrokke persoon persoonlik verantwoordelikheid daarvoor dat die verkiesingsreëls soos hierbo uiteengesit, nagekom is. Die oortreding van bogenoemde reëls is bedrog en is 'n kriminele oortreding. In alle gevalle waar bedrog vermoed word, sal dit ondersoek word en dit kan tot strafregtelike vervolging lei.
  5. Let asseblief daarop:  Beide u US-nommer (wat bo-aan die Registrateur se e-pos verskyn), sowel as u ID- nommer moet gebruik word om te stem. Skakel gerus die Alumni Kantoor by 021 808 2709 of 021 808 2710 indien probleme ondervind word om te stem of indien 'n VERTROULIKE  STEMBRIEF  in  drukformaat verlang word. ​Let daarop dat die aanlyn-stemming eers op 16 April 2018 oopmaak.

U kan op een van die volgende 5 wyses stem – die sluitingsdatum vir ALLE stemme, op welke wyse u ookal verkies om te stem, is Maandag, 30 April 2018 om 12:00.

1.    Stem elektronies by www.sun.ac.za​ waar 'n bondige CV, visie en foto van elke kandidaat beskikbaar is. Let daarop dat die aanlyn-stemming eers op 16 April 2018 oopmaak.
2.    Faks die voltooide stembrief aan: 086 606 7946​
3.    Skandeer die voltooide stembrief en stuur dit per epos aan konvokasie@sun.ac.za
4.    Pos die voltooide stembrief in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF aan Dr Ronel Retief, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland 7602
5.    Lewer die voltooide stembrief per hand in 'n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF by Dr Ronel Retief, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Kamer A 2020, Admin A, Ryneveldstraat, Stellenbosch af.


 


Die volgende kandidate is behoorlik genomineer:​

CD_Cillie.jpg

Mnr CD (Charl) Cillié CV - BSc, BSc (Hons), B Phil, almal by die US; Voorheen Projek Bestuurder by Media24 en Pearson Education; Bestaande MD by Infinity Web Solutions.  Visiestelling - Fokus op die Suid-Afrikaanse behoefte; Verbeterde studente advies en –interaksie; Investeer in afstandsonderrig en sattelietkampusse; Ontwikkeling van beide Afrikaans EN ons inheemse tale.
Joan_Hambidge.jpg

Prof J (Joan) Hambidge CV - B.A., Hons(Stell.), MA(Pret.), PhD(Rhodes), PhD(UCT); Professor in Afrikaans & Kreatiewe Skryfwerk, UK; US Raadslid; Openbare intellektueel.  Visiestelling - Beywering van meertaligheid en multikulturaliteit; gender-kwessies, die bevordering en bewaring van standaarde binne 'n debat van dekolonisasie binne 'n universiteit wat uitnemendheid nastreef; die erkenning van die US se posisie binne die wyer internasionale arena.
Khwezi Kunene.JPG
Me KBL (Khwezi) Kunene  CV - SACQSP; IODSA; SAAWG; Nagraadse diploma in leierskap ontwikkeling; IMDP; Korporatiewe Projekbestuur Sertifikaat; BSc Eiendoms ontwikkeling en Konstruksie Bestuur; The Playhouse Company - Ondervoorsitter van die Raad; Kwantiteit Bourekenaar.  Visiestelling - Verskaffing van wereldsklas opleiding om toekomstige leiers te ontwikkel en te bevorder en wat vir beide ons nasie asook die wereld as 'n geheel, verryking te verseker.
​​Lovelyn_Nwadeyi_1.jpg

Me LC (Lovelyn) Nwadeyi CV - BA Internasionale Studies (SU); MSc Peace and Conflict Resolution (Uppsala); Hoof Navorsing - MTN Groep; SAWIP (SA) Raadslid.  Visiestelling - Om SU se rol as fasiliteerder vir billike toegang tot en verbreding van deelname aan hoër onderwys uit te bou, en as bemagtigende vennoot in die skep van ʼn kennisekonomie te vestig.
Dr_HS_Theys.jpg

Dr HS (Hendrik) Theys CV - B.A. 1976, UWC; HDE 1978, UNISA; B.Ed. 1983, UNISA; DRS. ATW.1990, Utrecht Universiteit, Nederland.  Visie - As burger, opvoeder en taalaktivis is dit my voorneme om die belange van die universiteit én veral dié van sy onmiddellike gemeenskap, met toewyding te beskerm en te bevorder.
PR_Woest.jpg

Mnr PR (Phillip) Woest CV - BIng (Meganiese), US (1979); MBA, P.U. vir C.H.O. (1993); Regering Sertifikaat van Bevoegdheid (1988); Internasionale Konsultant in opleidingstrategieë, beleidformulering en implementering.  Visiestelling - US streef om in die top 100 Universiteite wêreldwyd te wees, verbind tot 'n inklusiewe kultuur met kampus-omgewings wat akademiese uitmuntendheid inspireer en ondersteun.

Dr Ronel Retief​

REGISTRATEUR

Universiteit    Stellenbosch

28 Maart 2018


 

Laai die VERTROULIKE STEMBRIEF​  af. ​


 

Neem kennis: Elektroniese stemportaal is nou oop. ​