Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​

OPLEIDING EN WERKSESSIES


Die Eenheid vir Gestremdhede bied studente en personeel verskeie geleenthede vir opleiding. Dit strek van die aanleer van gebaretaal​​, deelname aan ʼn geakkrediteerd​e Gestremdheid Leierskap-kursus, en die fasiliteer van personeelopleiding deur middel van die Siyakhula-opleidingsessies.​

Leer gebaretaal

Vir meer inligting oor gebaretaal sessies, kontak michellep@sun.ac.za.

​​​​​Lei met Gestremdheid

​Lei met Gestremdheid is ʼn geakkrediteerde kursus vir studente. Die kursus dek universele toegang, universele ontwerp en billike akkommodasie uit ʼn gestremdheidsoogpunt. Daar vind etensuursessies op die Stellenbosch-kampus plaas tydens die eerste en tweede semester. E-pos disability@sun.ac.za vir meer inligting. Die sessies is gratis.

​Opleiding ​vir personeel

Die Universiteit se Afdeling Menslike Hulpbronne bied Siyakhula-opleidingsessies aan. Die eenheid vir Gestremdhede bied ʼn sessie aan wat fokus op universele toegang, universele ontwerp, billike akkommodasie en besprekings oor gestremdheidsinsluiting op kampus.