Psigoterapie en persoonlike ontwikkeling
die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD) bied 'n gratis psigoterapeutiese, sosiale en ontwikkelingsdiens aan alle ingekrewe studente om hulle te help om sukses in hulle studies te bereik.
Tipes Kwessies
Tipes kwessies waarvoor studente dikwels hulp soek:
- Probleme met aanpassing aan die universiteit en met weg wees van die huis af
- Terneergedruktheid en depressie
- Hantering van verlies of ander traumatiese gebeure
- Minderwaardigheidsgevoelens en 'n swak selfbeeld
- Oormatige stres gedurende eksamens en by tye wanneer prestasie vereis word
- EOnaangename angs en spanning
- Angs om voor mense op te tree
- Nadelige effekte van alkohol en ander substansiemisbruik
- Bekommernisse oor gewig, eetgewoontes en voorkoms
- Konflik en ander probleme in verhoudings
- Eensaamheid
- Onsekerheid oor seksualiteit
- Sosiale probleme
Jou Plan van Aksie
As jy hulp met een van die bogenoemde of 'n ander kwessie verlang, volg die stappe hier onder:
Stap 1: As jy deur 'n akute krisis gaan en onmiddellik hulp benodig, kontak die Krisisdiens
Stap 2: As jy nie 'n krisis ervaar nie, raadpleeg die inligtingsmateriaal op die webtuiste van die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling (SSVO) en volg die riglyne wat in die materiaal uiteengesit word.
Stap 3: As jy hierdie riglyne gelees en toegepas het en hulle nie verligting vir jou probleem kon bring nie, sluit aan by 'n werkwinkel oor die onderwerp, of sluit by 'n terapiegroep aan.
Afsprake
Hoe om 'n afspraak te maak:
Stellenbosch-kampus: Maak 'n afspraak met ons ontvangspersoneel by Victoriastraat 49, of skakel ons by 021-808 4994. Die terapeut aan diens sal 'n onderhoud met jou voer, die tersaaklike inligting van jou verkry en dienooreenkomstig 'n aanbeveling maak.
Tygerberg-kampus: 'n Soortgelyke diens is op die Tygerberg-kampus beskikbaar. Skakel A 021-938 9590, of besoek ons kantoor by Studente Gesondheidsdienste om 'n afspraak te reël.