Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Eksamens & Studiemateriaal

​​

Spesiale eksamens


Spesiale reëlings, soos die toekenning van ekstra skryftyd of die daarstelling van dokumente in groot lettertipes vir toetse en eksamens, mag getref word.

Aansoeke ten opsigte hiervan sluit op 18 Februarie, 11 Maart, 8 April, 6 Mei, 19 Augustus en 7 Oktober. ​

Doen aansoek via www.mymaties.com onder Toetse/Eksamens. Stuur jou aansoek na skryftyd@sun.ac.za of handig dit by die eksamenkantoor in. Vir beter begrip van prosedures vir toegewings vir studente met spesiale behoeftes (gestremdhede), lees die prosedure in pdf of as 'n word dokument.

 

Omskakeling van studiemateriaal in Braille


By die Eenheid vir Gestremdhede: Hulpbronkantoor​ by HUMARGA (een van die Universiteit se rekenaargebruikersareas wat in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe geleë is) word klasaantekeninge, voorgeskrewe boeke, artikels, transparante asook toets- en eksamenvraestelle in toeganklike formate soos Braille omgeskakel. Hierdie diens word gedeeltelik deur die Lombardi Trust gefinansier. E-pos braille@sun.ac.za vir meer inligting.

 

Spesiale rekenaars


Rekenaars met skermlees-, vergroting- en teks-na-spraak-sagteware (soos JAWS vir Windows en ZoomText), asook 'n vergroter wat teks vergroot, is by HUMARGA beskikbaar (kamers 356 en 360) vir gebruik deur blinde studente of dié met gedeeltelike sig. Braille-drukkers is ook beskikbaar. Hierdie rekenaars is aan die netwerk van die universiteit gekonnekteer en bied toegang tot e-pos en die internet. Vir meer inligting oor programmatuur of om 'n skootrekenaar te koop, kontak Petro Newman by 021 808 2128

 

Biblioteekgebruik


Studente wat bystand en/of opleiding benodig om biblioteek- en inligtingsbronne te vind, mag hulle fakulteitbibliotekaresse (http://library.sun.ac.za/English/aboutus/contactus/Pages/fbs.aspx) via e-pos kontak of hulle persoonlik by die biblioteek besoek. Beide die JS Gericke-biblioteek en die Musiekbiblioteek (in die Konserwatoriumgebou) het 'n rekenaar met JAWS vir Windows en ZoomText wat blinde studente en dié met gedeeltelike sig kan gebruik om die biblioteekwebtuiste te verken (http://library.sun.ac.za).