Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

 igniteUS


Kritiese denke is ’n noodsaaklike vaardigheid wat studente in hierdie tydvak moet ontwikkel ten einde holistiese ontwikkeling te bevorder. Dit is onontbeerlik om inligting sinvol te kan sintetiseer en om ’n besliste standpunt oor sosiale kwessies te kan inneem. Om dit te kan doen, moet ons die waarde van inligting kan beoordeel en die ontstaansbron krities beskou. igniteUS is daarop gemik om die kenmerke van nederigheid en leergierigheid in te span ten einde vooropgestelde idees en onbewustelike vooroordeel rakende kruiskulturele sosiale kwessies onder die loep te plaas deur krities daarmee om te gaan. Om leergierig en nederig te wees, verg moed. Daarom moet ’n ruimte van deernis gefasiliteer word waarbinne samewerking kan ontwikkel om probleme op te los. Die doel van hierdie program is om met kruiskulturele sosiale kwessies om te gaan en dit uiteen te sit, en aan die hand van ’n proses van kritiese denke en ontleding by ’n oplossing uit te kom. Die metodologiese benadering in hierdie program maak van probleemoplossingstegnieke gebruik om begrip van die kwessies onder bespreking te bepaal ten einde holistiese studenteontwikkeling in die hand te werk en ’n betekenisvolle impak te bemoontlik. Die doelwit van hierdie program is om agente van maatskaplike verandering, aktiewe burgers en innoverende en kritiese probleemoplossers binne hoëronderwysomgewings te ontwikkel. Die program is gekonseptualiseer met ’n multidissiplinêre benadering in gedagte, en is daarop gemik om ’n interdissiplinêre samewerkende ruimte te help skep. 


 Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.