Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konstruktiewe belyning: Assessering

​​

​​Ass DeLTA 18 Aug.jpg

Daar is verskeie vrae wat ons in gesprekvoering oor assesseringspraktyk kan vra, maar twee van die belangrikste vrae is hoekom en wie ons assesseer.

Die eerste vraag, naamlik "Hoekom assesseer ons?", hou verband met die doelwitte van assessering – breedweg en ook ten opsigte van elke individuele assesseringsgeleentheid. Die tweede vraag, naamlik "Hoe assesseer ons?", het te make met die praktyk van assessering – die metodes wat ons gebruik, die skedulering en die kommunikering.

Die video hieronder bevat 'n oorsig oor hierdie aspekte van assessering: 

 

DeLTA assessering.jpg
Doelwit van Assessering

Die primêre doelwit van assessering is om studente se leer en dosente se onderrig te verbeter, aangesien beide antwoord op die inligting wat dit verskaf. Assessering vir leer is 'n deurlopende proses wat voortspruit uit die interaksie tussen onderrig en leer.

Source:  Web resources.jpg

1. Assessering vir diagnostiese doelwitte vind plaas wanneer die sterkpunte en die swakpunte van studente in die akademiese sfeer bepaal word, ten einde, byvoorbeeld, gepaste remediërend aksies, keuring, toelating en plasing moontlik te maak.

2. Assessering vir formatiewe (m.a.w. assessering vir leer) doelwitte dien primêr die leerproses deur aan studente 'n geleentheid te bied om met die hulp van tydige terugvoer die verlangde kennis, vaardighede en houdings te ontwikkel.

3. Assessering vir summatiewe (m.a.w. assessering van leer) doelwitte het ten doel om besluite en bevindinge oor die vordering van studente, bv. vir promosie of sertifisering, toe te lig, waartydens waardeoordele oor studente se prestasie gemaak word.

4. Assessering kan deel uitmaak van die inligting wat vir terugvoersessies (m.a.w. assessering vir gehaltebevordering) gebruik word om die gehalte van 'n leer-en-onderrig-program te evalueer.

Metodes van Assessering

 

Die keuse van gepaste assesseringsmetodes in 'n module word deur vele faktore beïnvloed: die beoogde leeruitkomste, die vakrigting en verwante professionele standaarde, die konteks van die kursus (of module) en die verhouding daarvan met ander kursusse (of modules), die studievlak, die eienskappe van die studente, die beskikbare hulpbronne, die leweringsmodus van die kursus (of module), ensovoorts. Die integrasie van tegnologieë by assessering kan geleenthede verskaf om studente se ervarings te verryk en kan die omvang van opsies diversifiseer wat vir studente beskikbaar is om te leer en dit wat hulle geleer het te demonstreer. 

Hieronder is skakels na hulpbronne oor diverse assesseringsmetodes, vir diverse kontekste van leer en onderrig, met diverse studente.

Source:  Web resources.jpg

 

Eweknieassessering is 'n goeie manier om formatiewe assessering te doen. Studente leer hoe om terugvoer te gee, te ontvang en daarop te reageer. Die skakels hieronder gee 'n mate van agtergrondinligting oor hierdie wyse van assessering.

Web resources.jpgCornell University:  Peer assessment

Web resources.jpgUniversity of Waikato:  Peer and self-assessment

 

Klaskamerassesseringstegnieke of KAT's word ook vir formatiewe assessering gebruik. Patricia Cross en Thomas Angelo (1988) is die baanbrekers in die veld en in die dokument hieronder beskryf hulle hoe KAT's geïmplementeer kan word as 'n vinnige manier om aan dosente en studente terugvoer te gee oor die vlak van studente se leer.

Web resources.jpgClassroom Assessment Techniques.  A Handbook for Faculty.

Web resources.jpgUniversity of Texas:  Methods of assessment

Web resources.jpgLearning and Teaching; Forms of Assessment

Web resources.jpgUniversity of Reading:  A – Z of assessment 

 

Assesseringsbeleid en -praktyke aan die Universiteit Stellenbosch

Die US se Assesseringsbeleid fokus op die kriteria vir uitnemende praktyk in assessering. Die uitgangspunt in hierdie beleid is dat dosente in die beste posisie is om die nodige assesseringsbesluite in hulle modules te maak. Hierdie beleid poog dus nie om voorskriftelik met betrekking tot assesseringstrategieë te wees nie, maar eerder om ruimte te skep waarbinne dosente regverdigbare keuses rakende assessering binne hulle eie omgewings kan maak, deur vir dosente 'n stel kriteria te verskaf waarteen hulle hul eie praktyk kan meet. 

Deur middel van hierdie assesseringsbeleid streef die Universiteit daarna om die uitgangspunte ten opsigte van beleid wat implisiet is in bestaande institusionele, fakulteits- en departementele regulasies en praktyke eksplisiet te maak. In die gees van "uitnemende wetenskaplike praktyk", soos gestel in die Universiteit se missie, word daar gepoog om die assesseringspraktyke van die Universiteit in ooreenstemming met huidige, navorsingsgebaseerde sienswyses en standaarde oor assessering te bring.

Policies.jpgDie assesseringsbeleid en implementeringsplan vir buigsame assessering is beskikbaar op die SOL webblad, klik hier.