Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

US Onderrigtoekennings

​​

US Toekennings vir Onderrig 2022

Die institusionele keurpaneel vir die Universiteit Stellenbosch (US) Onderrigtoekennings 2022 (voorheen die US Toekennings vir Uitnemende Onderrig) en die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) wens graag die volgende dosente geluk met hulle toekennings in die kategorieë Toonaangewende Onderwysvakkundige (voorheen Uitgelese Dosent) en Vakkundige Opvoeder (voorheen Ontluikende Dosent):

 

Toekenning vir Toonaangewende Onderwysvakkundige

Prof MF Essop (Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika [CARMA], Afdeling Geneeskundige Fisiologie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Prof Essop.jpg
  Prof Essop

 

Toekenning vir Vakkundige Opvoeder

  • Prof H Kamper (Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  • Me M Rossouw (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

KamperRossouw.jpg      

   Prof Kamper, Me Rossouw

​ 

​US Onderrigtoekennings 2021

Die institusionele keurpaneel vir die Universiteit Stellenbosch (US) Toekennings vir Uitnemende Onderrig 2020 en die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) wens graag die volgende dosente geluk met hul toekennings in die kategorieë Uitgelese Dosent en Ontluikende Dosent:


Uitgelese Dosent

  • Prof S.A. Kagee (Departement Sielkunde, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) 
  • Prof N.A. Plastow (Afdeling Arbeidsterapie, Departement Gesondheid en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr C. Pretorius (Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe) ​

Distinguished2021.png
            Dr Kagee, Dr Plastow, Dr Pretorius

Ontluikende Dosent

  • Dr A. Lourens (Departement Afrikaans en Nederlands, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) 
  • Me L. Sahd (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 
  • Dr E. van Rensburg (Departement Prosesingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)

Developing2021.png
​        Me Sahd, Dr van Rensbrg, Dr Lourens

​​​

US Onderrigtoekennings 2020

Die institusionele keurpaneel vir die Universiteit Stellenbosch (US) Toekennings vir Uitnemende Onderrig 2020 en die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) wens graag die volgende dosente geluk met hul toekennings in die kategorieë Uitgelese Dosent en Ontluikende Dosent:

Die institusionele keurpaneel vir die Universiteit Stellenbosch (US) Toekennings vir Uitnemende Onderrig 2019 en die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) wens graag die volgende dosente geluk met hul toekennings in die kategorieë Uitgelese Dosent en Ontluikende Dosent:

1. Uitgelese Dosent: 

  • Dr. Taryn Bernard (Verlengde Graadprogram, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Prof. Dennis Francis (Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Dr. Marnel Mouton (Departement Plant- en Dierkunde, Fakulteit Natuurwetenskappe)

 

2. Ontluikende Dosent:

  • Prof. Gareth Arnott (Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Karin Baatjes (Departemente Biomediese en Chirurgiese Wetenskappe, Fakulteit Geneeskunde  en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr. Karel Kruger (Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  • Dr. Sharon Malan (Verlengde Graadprogram, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  • Me. Carla Morris (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  • Dr. Robbie Pott (Departement Prosesingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  • Lt.-kol. André Pretorius (Departement Rekenaarinligtingstelsels, Fakulteit Krygskunde)
  • Mnr. Stephan van der Merwe (Regskliniek, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  • Mnr. Alwyn Visser (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

 Bogenoemde kandidate sal hul toekennings tydens 'n plegtigheid aan die einde van die vierde kwartaal ontvang.
 SU TEA 2019 resized.JPG


 

US Onderrigtoekennings 2017

Universiteit Stellenbosch het in 2017 'n jaarlikse stelsel van institusionele uitnemendheid in onderrig toekennings geloods.

Hierdie toekennings is 'n geleentheid om nadenkende en konteksbewuste onderrig te erken. Die doelwitte van die institusionele toekennings vir uitnemendheid in onderrig is:

  • om op institusionele vlak steun toe te sê aan uitnemende onderrig en leer in die hoër onderwys;
  • om 'n akademiese korps te skep wat in hulle vakrigtings sowel as oor die instelling heen inspirasie en leiding in onderrig kan bied; en
  • om gesprekvoering oor en openbare bewustheid van die betekenis van uitnemende onderrig aan te moedig.

Kandidate is deur fakulteite genomineer op grond van 'n onderrigportefeulje.  Die kandidate is geevalueer deur 'n institusionele keuringskomitee.

Die keuringskomitee het die volgende toekennings goedgekeur vir 2017:

  1. Dr E.M. Adendorff (Departement van Afrikaans en Nederlands, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  2. Mnr J.C. Bekker (Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  3. Mnr W.A. Bishop (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  4. Prof. N. Davids (Departement van Opvoedingsbeleidstudie, Fakulteit Opvoedkunde)
  5. Me E. de Jager (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  6. Prof. C. Esterhuysen (Departement van Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  7. Dr D. Forster (Departement van Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Fakulteit Teologie)
  8. Prof. K. Jacobs (Departement van Mikrobiologie, Fakulteit Natuurwetenskappe )
  9. Me M. McKay (Departement Wingerd- en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  10. Dr M. Nel (Departement van Publiekreg, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  11. Prof. R. Rudman (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  12. Me G. Steenkamp (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  13. Prof. S.C. van Schalkwyk (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Die Sentrum vir Onderrig en Leer wil graag die begenoemde akademici gelukwens met hierdie prestasie en erkenning gee aan hulle passie en volgehoue strewe na uitnemendheid in onderrig.  Die toekennings is tydens 'n seremonie op 28 November 2017 by STIAS oorhanding. ​​​​​ ​​​​​​​​​​



Die US Toekennings vir Uitnemende Onderrig erken uitnemende onderrig op institusionele vlak en bied dosente en bestuur 'n geleentheid om reflektiewe en konteksbewuste onderrig na waarde te skat. 

​​Alle onderrigpersoneel – sowel permanente as kontrakaanstellings – kom vir hierdie toekennings in aanmerking.

Vir meer inligting oor die 2023 US Toekennings vir OLA, klik hier.

Navrae