Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gesondheidsbevorderingsprogram

​​​​​​​​​​lyn_30.jpgheartbeat.jpg

Wellness_program_252x150_team.jpeg

Wat behels gesondheidsbevordering?​

Gesondheidsbevordering steun persoonlike en sosiale ontwikkeling deur inligting te bied, mense oor gesondheid op te voed, en lewensvaardighede te verbeter. Sodoende brei dit die reeks beskikbare opsies uit waardeur mense meer beheer oor hul eie gesondheid en hul omgewings kan uitoefen, en gesondheidsbevorderlike besluite kan neem. Dit is noodsaaklik om mense in staat te stel om hul hele lewe lank te leer, om hulself vir alle lewenstadia voor te berei, en om chroniese siektes en beserings te hanteer…" – Ottawa Charter, WHO 1986

Dwelmmisbruik

Alkoholmisbruik, verslawing en afhanklikheid is ʼn ernstige probleem in Suid-Afrika asook wêreldwyd. Die dwelmprobleem onder ons jeug in Suid-Afrika op alle vlakke van die samelewing word al hoe erger en is totaal buite beheer. Kinders weet nie meer vandag hoe om ingeligte besluite te neem oor dwelms nie en is nie werklik bewus van die vernietigende uitwerking wat dit op hulle lewe kan hê nie. Wat hier volg is die jongste inligting oor wat u kan doen om u kind, of iemand anders se kind, te help.

Goue reëls vir ouers

1. Moet nooit ʼn kind wat lyk of hy/sy onder die invloed is konfronteer nie, wag totdat die middel uitgewerk is.2. Stel enige redelike dissiplinêre maatreëls in wat jy meen toepaslik is weens die oortreding van die reëls.

3. Wees ferm en konsekwent. Moenie toegee aan trane en skuldgevoelens nie.

4. ʼn Goeie ondersteuningstelsel is noodsaaklik. Dit is nutteloos en afbrekend om aan die mislukkings en tekortkominge van die verlede vas te klou.

5. Dit dien geen doel om persone wat gereeld in die moeilikheid is weens hulle swak oordeel of gedrag te probeer red of te beskerm nie.

6. Pynlike ervarings kan ʼn goeie leermeester wees.

7. Argumente, berisping, uitskellery of dreigemente is metodes wat selde met misbruikers werk. Daadwerklike optrede beteken meer as ʼn aanhoudende gepratery.

8. Om beloftes, verskonings of ander manipulerende gedrag van ʼn misbruiker te aanvaar moedig bloot verdere misbruik en ontkenning aan.​

Tekens en simptome van dwelmmisbruik

Die tekens en simptome van dwelmmisbruik wat hier gelys word stem baie ooreen met die normale veranderinge en gedragskommelinge van die tienerjare. Raadpleeg aItyd ʼn professionele persoon as daar enige twyfel bestaan.

  • Skielike onverklaarbare gemoedskommelinge
  • Niekenmerkende prikkelbaarheid en aggressie
  • Aptytverlies
  • Verlies aan belangstelling in sport, stokperdjies en vriende
  • Afname in skoolpunte
  • Aanvalle van lomerigheid en slapeloosheid
  • Leuens
  • Onverklaarbare verdwyning van geld en waardevolle artikels uit die huis
  • Ongewone reuke, vlekke of merke aan die liggaam en klere
  • Rooi geswolle oë
  • Velirritasies
  • Veranderinge in vriendekring en vaagheid wanneer uitgevra word

Dit maak nie saak wat die oorsake van dwelm- en alkoholmisbruik is nie, wat wél saak maak is dat die misbruik stopgesit word.

Kliek asb op die volgende skakels vir meer inligting en steun rakende alkohol- en dwelmmisbruik.

  • www.sancanational.org.za
  • www.aasouthafrica.org.za

Kliek op die volgende skakel as u meer inligting verlang oor die voordele wat Discovery Health bied vir die behandeling van dwelm- en alkoholmisbruik:

  • Sleutelbevindinge volgens middelmisbruik: Januarie tot Junie 2010
  • Alkohol bly die oorheersende middel wat oor al die streke misbruik word, behalwe in die Wes-Kaap en Noordelike Streek (met inbegrip van Mpumalanga en Limpopo).

Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat risiko's wat met alkohol verband hou 2,5 miljoen sterftes per jaar aan hart- en lewersiektes, padongelukke, selfmoord en kanker tot gevolg het – wat 3,8% van alle sterftes uitmaak. Wêreldwyd is dit die derde grootste risikofaktor vir vroeë sterftes en ongeskiktheid.

Die onderstaande tabel dui die primêre misbruikmiddel vir pasiënte van 20 jaar of jonger, vir uitgekose middels aan.

* Data is saamgestel deur die South African Community Epidemiology Network on Drug Use (SACENDU) se projek. Bron: http://www.sahealthinfo.org

 WKKZNOKGTNSSS
Getal sentra 22651755
Getal pasiënte313410098782684762642
Alkohol7 %23 %6 %13 %8 %12 %
Dagga45 %65 %62 %63 %65 %72 %
Mandrax5 %3 %15 %5 %0 3 %
Kokaïen<1 %<1 %4 %1 %0 0
Heroïen8 %8 %2 %10 %20 %1 %
Metamfetamien33 %08 %1 %01 %

OM NEE TE SÊ VIR DWELMS VERG MOED EN KRAG

(Bron: NMG Consultants and Actuaries (Pty) Ltd)

Terug na bo ^




​​a