OM TERUG TE PRAAT!

Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, in samewerking met Inclusive and Affirming ministries (IAM) en die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit,  nooi alle belangstellendes na 'n dinkskrum getitel: 'Om terug te praat!': LGTBIQ identiteit en Queer perspektiewe. Die dinkskrum het ten doel om kreatiewe gesprek te stimuleer binne die interseksie van gender, seksualiteit, gesondheid en teologie.

Die dinkskrum vind plaas op Woensdag 20 Mei 2015 in die Attie van Wijk Ouditorium by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Vir enige verdere navrae kontak Dr. Charlene van der Walt, e-pos: charlenevanderwalt@sun.ac.za

RSVP asseblief by Retha Benade, e-pos: retha@iam.org.za of 021 975 8142 teen Maandag 18 Mei 2015.  ​

Om die program af te laai kliek ThinkTankProgram.pdf