
Die Instituut van Teoretiese Fisika (oorspronklik die Instituut van Teoretiese Kern Fisika) is gestig in 1984 met die ondersteuning van die Kern Ontwikkelings Maatskappy van Suid Afrika. Die doelwitte van die Instituut is om navorsingsprojekte in teoretiese fisika te onderneem, om bystand te lewer in die onderrig van nagraadse studente en om as sentrum vir ontwikkeling en koördinasie van aktiwiteite in teoretiese fisika by die fisika departement en elders te dien.
Ons navorsingsaktiwiteite dek ‘n wye spektrum en sluit in die bestudering van:
-Oplossings in veldeteorie,
-Kwantum fase veranderings en uitsonderings punte,
-Skalaar teorieë
-Komplekse sisteme,
-Statistiese fisika van polimere en biopolimeersisteme,
Die aktiwiteite by die instituut is nou verwant aan die van die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITheP).
Jy kan die Teorie brosjure
hier aflaai.
Jy kan ook die Teorie webtuiste
hier besoek
.