Welkom by die Departement Fisika
Die Fisika Departement aan die Universiteit Stellenbosch streef daarna om jou eerste keuse te wees as studie- en navorsingsvennoot in die rigtings van Kernfisika, Teoretiese fisike en Laserfiska in Suid-Afrika.
Progamme in Kernfisika, Stralings- en gesondheidsfisika, Teoretiesse Fisika en Laserfisika word aangebied. Tydens die voorgraadse studies word 'n algemene basis in fundamentele fisika vasgelê, waarna gefokusde studie tydens die BScHons programme in die bogenoemde studie rigtings plaasvind. Hierdie studierigtings dien as inleiding tot bestaande navorsingsaktiwiteite in die velde van Kernfisika, Teoretiese Fisika en Laserfisika met geleenthede vir MSc en PhD studente.
Navorsing in die department geskied in samewerking met gepaste nasionale navorsings institute: Die Instituut vir Teoretiese Fisika is in samewerking met die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisikad die Laser Navorsings Instituut met die WNNR Nasionale Laser Sentrum en die Kernfisikagroep met iThemba LABS.
Indien jy belangstel om te registree vir 'n nagraadse graad, voltooi assbelief die aansoekvorm op die universiteit se hooflblad. Maak asseblief egter ook seker om die department persoonlik te kontak. Op die manier kan ons verseker dat die aansoek spoedig afgehandel word.