Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Science Café Stellenbosch

​​​​​​Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor die wetenskap aan te moedig.

Die doel van 'n Science Café is om die gaping tussen die wetenskap en die algemene publiek te oorbrug deur middel van 'n gesprek in 'n nie-akademiese omgewing soos 'n restaurant of 'n kafee. Daar is reeds honderde soortgelyke Science Cafés regoor die wêreld.

Prof. Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê dit bied die ideale geleentheid om die publiek by gesprekke oor die wetenskap te betrek: "Wetenskaplikes word verplig om hul resultate te kommunikeer, maar ons het 'n selfs groter verantwoordlikheid om met die algemene publiek in gesprek te tree, en dit in 'n taal wat almal kan verstaan."

Vir meer inligting, kontak sciencecafe@sun.ac.za om op hoogte gehou te word van toekomstige geleenthede.

Volg ons op Twitter of Facebook.

 

Die volgende Science Cafés by Woordfees 2023 

Onderwerp: On the Origin of Time - is daar dinge wat ons nooit sal verstaan nie?

Sprekers: Dr Anslyn John en Prof Yin-Zhe Ma


Datum: 10 Oktober 2023
Tyd: 18:00 - 19:00

Plek: Die Khaya, Ryneveldstraat 39

Lees meer:​
Onderwerp: Kunsmatige Intelligensie versus die menslike bewussyn : wie gaan wen? 

Sprekers: Willem Bester, Prof Bruce Watson, Dr McElory Hoffmann and Anton Böhmer

Datum: 11 Oktober 2023
Tyd: 18:00 - 19:00

Plek: Die Khaya, Ryneveldstraat 39

Lees meer​
Onderwerp: Sal daardie goggas wat (nog) nie doodmaak nie, jou (dalk) sterker maak?

Sprekers: Prof Ann Louw, Prof Marina Rautenbach en Prof Andrew Whitelaw

Datum: 12 Oktober 2023
Tyd: 18:00 - 19:00

Plek: Die Khaya, Ryneveldstraat 39

Lees meer:​



​​​ScienceCafebanner1.jpg

ScienceCafebanner2.jpg