Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Natuurwetenskappe-nuus

Natuurwetenskappe neem afskeid van eerste vroulike dekaan in 100-jarige bestaan https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10458Natuurwetenskappe neem afskeid van eerste vroulike dekaan in 100-jarige bestaan Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
Op 1 Februarie 2014 het Prof. Louise Warnich geskiedenis gemaak toe sy as die eerste vroulike dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch aangestel is.

Vir die afgelope dekade het sy die fakulteit se personeel en studente deur stormagtige vaarwaters gelei, waaronder die COVID-pandemie, die Fees-must-fall studente proteste, Dag Zero, beurtkrag en verreikende veranderinge in die Nasionale Navorsingstigting se befondsingsmodel.

Sy is destyds deur kollegas in die natuurwetenskappe fakulteit genader om vir die posisie aansoek te doen terwyl sy visedekaan en waarnemende dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe was: “Ek het dit toe as 'n nuwe uitdaging beskou. Ek het besef dit bied nuwe geleenthede om op strategiese vlak 'n rol te speel in die ontwikkeling van personeel en studente in die natuurwetenskappe fakulteit."

Sy sê die fakulteit het toe reeds 'n uitstekende bydrae tot die universiteit se onderrig- en navorsingsuitsette gelewer: “Ek het egter besef ons is te aangewese op befondsing van die NNS en het daaroor gewaarsku. Tog, toe die befondsingsmodel verander, het dit ons selfs harder getref as wat verwag is, veral omdat dit saamgeval het met die tot einde kom van meer as een Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel (SARCHI) en Sentrums van Uitnemendheid.

“Gelukkig het ons deur hierdie en ander uitdagings gekom vanweë die uitstekende samewerking van personeel en studente en hul 'kan-doen'-houding," voeg sy by.

Haar raad vir toekomstige dekane?

Dit sou dieselfde raad wees as dié van haar mentor, wyle prof. Doug Rawlings, naamlik: “Stel net die regte mense aan, ondersteun hulle en laat hulle verder met rus – hulle sál floreer!"

Sy glo daar is baie meer geleenthede as uitdagings in die hoëronderwyssektor: “Daar is soveel wat gedoen kan word, veral in Suid-Afrika en die Afrika kontinent. Ons het unieke geleenthede en uitstekende mense. Maar ondervinding het my geleer dat min geleenthede eenvoudig in 'n mens se skoot val. Jy moet jou oë oophou, daardie geleentheid aangryp wanneer dit kom, en dan hard werk aan die suksesvolle aflewering daarvan."

Deur die jare het sy hierdie benadering meer as een keer gevolg. In die kweek van 'n kultuur van innovasie en entrepreneurskap, byvoorbeeld, lei die Fakulteit Natuurwetenskappe tans die telbord met die uitrol van nege uitwenmaatskappye sedert 2018 en ʼn groeiende lys van patente.

Met die besef van die toenemende belangrikheid van bioinformatika in moderne biologie, het sy die proses gelei om 'n Sentrum vir Bioinformatika en Rekenaarbiologie (CBCB) te stig. Met die status van 'n akademiese departement strek die CBCB se werk nou suksesvol oor drie fakulteite.

Ten spyte van baie uitdagings, het die fakulteit 'n redelik konstante navorsingsuitset gehandhaaf en 'n rekordgetal van 68 PhD-studente in 2019 gelewer. In 2022 is die eerste gestruktureerde MSc in Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie in die Toegepaste Wiskunde-afdeling gevestig. In die gees van deurlopende programvernuwing en die aanspreek van die behoeftes van die arbeidsmark, is nuwe voorgraadse fokusareas in die velde van toegepaste medisinale chemie, biowiskunde en biomediese wiskundige wetenskappe ingestel, asook 'n BSc in Rekenaarwetenskap en die interdissiplinêre Baccalaureus in Datawetenskap-graad.

Prof. Warnich is ook trots daarop dat sy 'n aantal goeie aanstellings en 'n mate van vordering met diversiteit gemaak het. Die aantal vroulike akademici het toegeneem van 20% in 2015 tot 41% in 2023, insluitend die eerste Swart en Kleurling vroulike professore.

Ander hoogtepunte sluit in nouer samewerking met die Natuurwetenskappe Studentekomitee, die bevordering van wetenskapkommunikasie deur inisiatiewe soos die Stellenbosch Wetenskapskafee, asook 'n eeufeesgala in 2018 om die koffietafelboek, ʼn Besonderse Denkwyse: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018, te vier en bekend te stel. Die boek bied ʼn lewendige en treffende blik op ʼn eeu van die US se natuurwetenskaplikes en hul besonderse denkwyse.

In haar eerste aanbieding aan die Fakulteitsraadvergadering in 2013 het sy 'n foto van 'n sneeustorting gewys na ʼn voorspelling dat Massive Online Open Courses (MOOCs) die hele wese van universiteite soos ons dit ken, sal ontwrig. “Tien jaar later, en ons weet dat alhoewel MOOCs 'n plek het in hoër onderwys, dit nie alles ontwrig het nie. Kunsmatige intelligensie lyk nou na 'n soortgelyke uitdaging, maar ek is positief oor die bydrae wat KI tot hoër onderwys kan lewer sonder om alles noodwendig te ontwrig. Net die tyd sal leer!"

Op die ou end verg dit “duidelike leierskap, 'n platform vir uitnemendheid en 'n innoverende benadering tot uitdagings en geleenthede as jy aan die stuur van hierdie fakulteit wil bly", sluit sy af.

Prof. Ingrid Rewitzky, Visedekaan: Onderrig en Leer, het die afgelope tien jaar ten nouste saam met prof. Warnich gewerk: “Haar eerlikheid, regverdigheid, deernis, lojaliteit en passie vir haar werk was gedurende haar ampstermyn 'n sterkpunt en het vertroue by haar kollegas ingeboesem. Namens die Fakulteit Natuurwetenskappe wil ek ons dank uitspreek vir haar beduidende bydrae om die groei en ontwikkeling van personeel en studente te lei, en dat sy die fakulteit na groter hoogtes gelei het ten spyte van uitdagings buite ons beheer."

Prof. Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, sê terwyl sy eers sedert September 2022 saam met prof. Warnich begin werk het, het hulle saamgewerk op groot projekte en nasionale inisiatiewe. Dit sluit in die verwesenliking van die vestiging van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Rekenaarwetenskappe by die US, asook samewerking met die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe om die Duitse Navorsingsleerstoelprogram te vestig (danksy ondersteuning van die Alexander von Humboldt-stigting en die Federale Ministerie van Onderwys en Navorsing).

“Die Fakulteit Natuurwetenskappe is inderdaad een van die mees aktiewe fakulteite in terme van innovasie en entrepreneurskap," voeg sy by.

Prof. Warnich sal nou terugkeer na haar akademiese tuiste in die Fakulteit AgriWetenskappe, waar sy spesiale projekte oor fakulteite heen sal aanpak, soos opleiding vir nuwe departementshoofde, hersiening van praktikums in die biologiese wetenskappe en vele meer.

Laastens, maar nie die minste nie, hoop sy om 'n erfenis na te laat in die vorm van die Katalisfonds vir Natuurwetenskappe om nagraadse studente te ondersteun. Terwyl daar reeds R13 miljoen in die fonds is, sal die eerste beurse eers uitbetaal kan word wanneer die fonds R40 miljoen bereik – klik hier om tot daardie doelwit by te dra.

Hopelik sal hierdie hardwerkende dekaan nou minder tyd agter haar lessenaar bestee en meer tyd opsy kan sit vir stokperdjies soos lang staptogte in die natuur en reis.

Ons wens haar die allerbeste toe in haar nuwe inisiatiewe en in die reis vorentoe.

US se Fakulteit Natuurwetenskappe ken vier gesamentlike internasionale grade toe https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10450US se Fakulteit Natuurwetenskappe ken vier gesamentlike internasionale grade toe Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
​Die Universiteit Sellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe het vandeesweek vier gesamentlike PhD-grade saam met universiteite in die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk en Italië toegeken in chemie, fisika, mikrobiologie, en dierkunde.

'n Gesamentlike graad beteken dat die studente navorsers van beide universiteite as medestudieleiers het en dat hulle tyd by beide universiteite spandeer het om aan hul navorsing te werk. Op grond van 'n ooreenkoms tussen die betrokke twee universiteite word die graad dan deur beide instellings toegeken

Altesame 37 PhD-, 75 MSc-, en nege BScHonours-grade is tydens die gradeplegtigheid in die Coetzenburgsentrum in Stellenbosch toegeken.

Dr Dina Miora het 'n PhD in fisika van die US en die Friedrich-Schiller Universiteit Jena, Duitsland ontvang; Dr Wessel Myburgh 'n PhD in mikrobiologie van die US en die Universiteit van Padova, Italië; Dr Gestél Kuyler 'n PhD in polimeerwetenskap en molekulêre farmakologie van die US en Coventry Universiteit in die Verenigde Koninkryk; en Dr Laurie Araspin 'n PhD in Plant- en Dierkunde van die US en die Muséum national d'Histoire naturelle (MNHN) in Frankryk.

Myburgh sê sy navorsing het geweldig baat gevind by die internasionale blootstelling: “Die kundigheid van die twee groepe het mekaar perfek aangevul. In my geval het Prof. Lorenzo Favaro se navorsingsgroep ondervinding in die omskakeling van afval na energie deur mikrobiese tegnologieë gebaseer op anaërobiese vertering. Hulle beskik ook oor 'n magdom kennis oor die vervaardiging van bioplastiek. Beide hierdie velde het ontbreek in ons groep. Ons, aan die ander kant het 'n baie sterk agtergrond in rekombinante gisuitdrukkingsisteme vir die produksie van swamhidrolase. Ek sou nie so baie vordering met my PhD kon maak indien dit slegs by één van die instellings gedoen is nie."

Kuyler sê haar ervaring was beide transformerend en uitdagend: “Om 'n gesamentlike PhD na te jaag met die doel om die dissiplines van Polimeerwetenskap en Molekulêre Farmakologie te oorbrug, was “'n  skrikwekkende taak, veral in die lig van my beperkte voorafkennis van laasgenoemde vakgebied. Ek is ontsettend dankbaar vir hierdie waardevolle geleentheid wat my in staat gestel het om my kennis uit te brei en in 'n veelsydige, multidissiplinêre wetenskaplike te ontwikkel."

Araspin se studieleier, Prof. John Measey, sê die gesamentlike graad het gespruit as 'n uitbreiding van 'n voortgesette samewerking tussen hom en Dr Anthony Harrell van MNHN in Frankryk: “Ons was geïnteresseerd om uit te vind of daar uiterste verskille voorkom tussen paddapopulasies wat inheems aan Suid-Afrika is en hier voorkom, en indringerpopulasies in Frankryk. Die grootste voordeel was verseker dat die student tyd in albei lande kon spandeer terwyl hy gewerk het aan 'n belangrike onderwerp vir beide lande." Measey is 'n senior navorser by die Sentrum vir Indringerbiologie aan die US".

Miora, wat ook 'n alumnus van die Universiteit van Antananarivo in Madagaskar is, sê die ondervinding in Duitsland het haar die geleentheid gebied om in 'n gevorderde en ten volle toegeruste laboratorium te werk: “Dit was redelik vinnig om enige werksverwante probleem op te los, gegewe die uitgebreide mense-  en materiaalhulpbronne wat byderhand was. By die US verskil elke studenteprojek redelik van mekaar, alhoewel ons almal in fotonika werk. Alhoewel dit langer neem om 'n probleem op te los omdat slegs my studieleier die probleem ten volle verstaan, leer dit ons ook waardevolle vaardighede wanneer ons die meeste probleme op ons eie moet oplos. Op die ou end het jy waardevolle beroepsvaardighede indien jy goed in spanverband kan werk, maar ook onafhanklik kan werk."

Ten spyte daarvan dat hulle by nuwe tale en kulture moes aanpas, asook die beduidende bykomende administratiewe las om die stelsels en vereistes van 'n ander universiteit te leer ken, stem die studente saam dat dit 'n lewensveranderende ondervinding van onskatbare waarde was.

Prof. Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die US, sê internasionale vennootskappe en gesamentlike grade is baie belangrik vir 'n navorsingsintensiewe fakulteit: “Dit versterk ons vermoë om belangrike kwessies aan te spreek deur kragte met internasionale kundiges saam te snoer. Dit bied ook aan die betrokke PhD-studente die geleentheid om reeds vroeg in hul loopbane deel te word van internasionale netwerke en toegang tot spesialiskennis en -fasiliteite te verkry."

Beide Kuyler en Myburgh se navorsing het ook gelei tot die registrasie van internasionale patente en die totstandkoming van afwentelmaatskappye naamlik Nanosene en Urobo Biotech. Miora is tans 'n nadoktorale genoot en beeldontleder by die Mediese Navorsingsraad se Laboratory of Molecular Biology (LMB) in Cambridge, Engeland.

Op die foto bo, van links na regs: dr Gestél Kuyler, dr Wessel Myburgh, en dr Dina Miora. Foto: Stefan Els

Van Madagaskar na die wêreld met ’n PhD in fisikahttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10446Van Madagaskar na die wêreld met ’n PhD in fisikaWiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
​As boorling van 'n plattelandse dorpie in Madagaskar, het dr Dina Miora se akademiese reis haar eers na Suid-Afrika en Duitsland geneem, tot waar sy vandag by die Mediese Navorsingsraad (MNR) se Laboratory of Molecular Biology in Cambridge, Engeland as nadoktorale wetenskaplike en beeldontleder werk.

Wanneer sy tydens een van die Universiteit Stellenbosch (US) se Maart gradeplegtiheidseremonies oor die verhoog stap om haar PhD in Fisika van die US en die Friedrich-Schiller Universiteit Jena in Duitsland te ontvang, het sy letterlik en figuurlik 'n lang pad afgelê. Hierdie reis is gekenmerk deur verskeie kulturele en taaluitdagings wat sy moes oorkom, asook die sporadiese verlange huis toe.

Ten spyte van hierdie uitdagings het sy egter gedurende haar nagraadse studie 'n organisasie sonder winsbejag, Itatra gestig wat hom beywer vir “'n beter en gelyke opvoeding vir almal" in Madagaskar. Volgens onlangse opnames in Madagaskar het die aantal hoërskoolleerders wat fisika, chemie en wiskunde neem, tussen 2007 en 2017 van 11% tot slegs 5% gedaal.  Boonop word die studieveld van optika – haar spesialiteit – nie op naskoolse vlak aangebied nie, of net as 'n mindere vak. “Itatra" is die Malgassiese woord vir uitbreiding.

In 2022 het sy 'n twee week lange uitreikinisiatief by drie hoërskole op die platteland van  Madagaskar georganiseer. Die doel van hierdie inisiatief genaamd “Vision" was om leerders te help om die wêreld deur 'n lens te bekyk én dit te verstaan. Met finansiële ondersteuning van SPIE (die internasionale vereniging vir optika en fotonika) het leerders ook diffraksiebrille ontvang, asook opvoedkundige aktiwiteite gedoen met behulp van modulêre optika-opvoedkundige stelle van OpenUC2. In 2023 het sy wéér na dieselfde skole uitgereik met 'n fotokompetisie ter viering van die Internasionale Dag van Lig.

Van Madagaskar na Suid-Afrika en die wêreld

Dina het grootgeword in die plattelandse dorpie Fenoarivo-Be, ongeveer 180 km vanaf die hoofstad Antananarivo, waarna sy wiskunde aan die Universiteit Antananarivo studeer het.

Hier het 'n dosent haar aan die  Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) in Muizenberg, Suid-Afrika, bekendgestel en aan die geleenthede wat dit bied. AIMS is 'n pan-Afrika-netwerk van Sentrums van Uitnemendheid vir nagraadse opleiding in die wiskundige wetenskappe.

Terwyl sy in 2016 die gestruktureerde meestersgraadprogram by AIMS gevolg het, is sy aan laserfisika bekendgestel toe sy gekies het om 'n fisika-verwante projek te doen om enkel fluoriserende molekules in besige beelde te lokaliseer. Onder die bekwame leiding van haar studieleiers emeritus-professor Erich Rohwer en Dr Gurthwin Bosman van die US se Departement Fisika, het sy toe 'n beurs van AIMS/DAAD (die Duitse Akademiese Uitruildiens) ontvang om 'n MSc in laserfisika te doen. Haar projek het gefokus op die ontwikkeling van mikroskopiese tegnieke om die 3D-posisie en oriëntasie van enkel molekules te bepaal.

Gedurende hierdie tyd het sy tydens 'n werkwinkel van die Afrika Lasersentrum met Prof. Rainer Heintzman, hoof van die  Departement Mikroskopie by die Leibnitz Institut vir Fotoniese Tegnologie in Duitsland kennis gemaak.  Volgens Dr Bosman, was hy so beïndruk  met haar werk dat hulle begin praat het van 'n moontlike “cotutelle" vir haar PhD – dit is wanneer 'n  student gesamentlik by twee universiteite ingeskryf is en tyd by albei universiteite spandeer.

Op daardie tydstip was die blootstelling intens: “Prof. Heintzman was so kundig en ek het gevoel asof ek niks weet nie. Terselfdertyd het die ontmoeting my 'n heeltemal nuwe perspektief  oor die belangrikheid van my navorsing gegee," sê sy.

Vir haar PhD-navorsing het Dina nuwe tegnieke ontwikkel om die modellering van optiese stelsels te optimeer ten einde die kwaliteit van mikroskopiese beelde te verbeter.  Om dit te kan bereik, benodig jy simulasietegnieke wat sensitief is vir beelde wat moontlik vervorm kan wees.

Dr Bosman verduidelik: “'n Mikroskopiese beeld is soos 'n skildery, en as jy die breedte en dikte van die verfkwas goed genoeg kan vasstel, kan jy wiskundig die impak van eindige breedte en dikte uitskakel en daardeur 'n beter kwaliteit en meer akkurate skildery skep."

In haar werk by die MNR se Laboratory of Molecular Biology by Cambridge, is sy by navorsing sowel as praktiese projekte betrokke: “Ons werk tans saam met 'n navorsingsgroep by die Universiteit van Cambridge wat 'n sagtewarekode ontwikkel het vir die nasporing van enkel molekules. My taak is nou om die doeltreffendheid en akkuraatheid van hierdie sagteware te toets," verduidelik sy.

As beeldontleder hanteer sy ook versoeke van bioloë oor beeldverwerking en -ontleding: “Hulle neem foto's van hul monsters deur middel van hul mikroskope, en ons taak is om hulle te help om die inligting wat hulle nodig het uit hierdie beelde te onttrek."

Om die taalhindernis in haar navorsingsveld te oorkom, sê Dina, dat dit gehelp dat sy Google translate so ver as moontlik vermy het: “Met navorsing en studies is die taal redelik gestandaardiseer. Op die lang duur was sinvoller om die definisie van 'n moeilike woord in dieselfde taal op te soek, in plaas daarvan om op Google translate terug te val."

Verbale kommunikasie in sosiale situasies was egter 'n ander saak: “Ek moes leer om meer oplettend te wees en die konteks en die kultuur probeer verstaan. Dit het regtig gehelp om deel te wees van 'n gemeenskap van mense met soortgelyke belangstellings en waardes omdat dit 'n veilige ruimte skep waarbinne jy die nuwe taal kan oefen en jou in 'n nuwe kultuur kan verdiep."

Sy is van plan om voort te gaan met haar  uitreikaktiwiteite om fisika, chemie en optika by hoërskole in Madagkaskar te bevorder: “Ek glo dat onderwys 'n belangrike rol speeI in die ontwikkeling van my land. Ek sal  my uitreikinisiatiewe voortsit, waar ek myself ook al bevind. As ek dalk buite Afrika bly, sal ek graag van tyd tot tyd wil terugkom om opleiding oor beeldverwerking en -ontleding aan te bied," sluit sy af.

Op die foto bo: Dr Dina Miora by die pasgemaakte mikroskoop opstelling in die Departement Fisika by die Universiteit Stellenbosch. Foto: Stefan Els​

Nuwe ekostreek in Malawi en Mosambiek erkenhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10442Nuwe ekostreek in Malawi en Mosambiek erkenFaculty of Science (media & communication)
'n Spesialis op die gebied van varswaterkrappe, Prof. Savel Daniels van die Universiteit Stellenbosch, was een van die ongeveer 100 spesialiste van oor die hele wêreld wie se navorsing bygedra het tot die erkenning van 'n nuwe ekostreek – die South East Africa Montane Archipelago (SEAMA) – wat oor die noorde van Mosambiek tot by Berg Mulanje in Malawi strek.

Volgens 'n persverklaring wat deur Oxford Brookes University in die Verenigde Koninkryk uitgereik is, is hierdie aankondiging die resultaat van twee dekades se biologiese opnames en meer as 30 wetenskaplike ekspedisies, wat 'n rykdom van voorheen ongedokumenteerde biodiversiteit aan die lig gebring het. Die uitkoms is onlangs in die vaktydksrif, Scientific Reports gepubliseer.

Die nuwe ekostreek omsluit 30 granietagtige 'inselbergs' – so genoem deur vroeë Duitse ontdekkingsreisigers omdat hierdie berge soos klein “eilandjies" bokant die omliggende landskap uittroon (almal hoër as 1 000 meter bo seevlak). Al hierdie “eilande in die lug" word deur biologies unieke berggraslande en antieke woude bedek, oorblyfsels van die Pan-Afrika-woude wat hierdie streke miljoene jare gelede bedek het.

Die span internasionale navorsers het tot dusver groot getalle endemiese plante en insekte geïdentifiseer, wat beteken dat dit slégs hier en op geen ander plek op aarde voorkom nie.  Dit sluit 127 plante, 45 gewerweldes (amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere) en 45 ongewerwelde spesies (skoenlappers, varswaterkrappe), en twee endemiese genera van plante en reptiele in.

Volgens Daniels het hy ses varswaterkrapspesies wat uitsluitlik endemies tot die SEAMA-ekostreek is, geïdentifiseer, waarvan twee nog nooit voorheen beskryf is nie.

Lees die volledige persverklaring hieronder:

Press Release

12 March 2024

Scientists find hundreds of unique species in Africa's newest and most threatened ecoregion

After two decades of biological surveys and over 30 scientific expeditions, groundbreaking research in southern Africa has unearthed a wealth of previously undocumented biodiversity in a newly recognised ecoregion.

The research has involved around 100 specialists from around the world, the results of which are now published in the Nature journal, Scientific Reports.

The findings are so significant that scientists from across the world have officially proposed the area as a new ecoregion - the South East Africa Montane Archipelago (SEAMA). The mountains stretch across northern Mozambique to Mount Mulanje in Malawi, southern Africa's second highest mountain.

Led by Professor Julian Bayliss, a Visiting Professor at Oxford Brookes University who also works for the National Network for Community Management of Natural Resources (ReGECom) in  Mozambique, the study documents 127 plant species, and 90 species of amphibians, reptiles, birds, mammals, butterflies, and freshwater crabs, all of which are endemic (found nowhere else on Earth).

The mountains were formed hundreds of millions of years ago, and host both the largest (Mount Mabu) and the smallest (Mount Lico) mid-elevation rainforests in southern Africa, as well as biologically unique montane grasslands.

According to Professor Bayliss, the study's lead author: “Ecological regions (ecoregions) are widely used to inform global conservation priorities. They define large expanses of land or water, characterised by geographically distinct assemblages of animals and plants. New ecoregion definitions are rare, and typically follow many years of research across a range of scientific disciplines.

“It took decades of international collaboration to gather sufficient evidence to define the ecoregion. We documented hundreds of previously undescribed species, and researched the geology, climate, and genetic history of the ecosystems, to piece together what makes these mountains so unique. This new ecoregion will create an important platform from which to develop regional conservation initiatives".

Dr Harith Farooq, a biologist from the University of Lúrio in Mozambique and co-author of the study, said that more species remain to be discovered. He explained: “The ecoregion is fragmented across small isolated pockets of rainforest, montane grasslands and shrublands, each with their own unique, but distantly related, plants and animals. There is so much more to discover, but many of these species may go extinct before we can record them."

Despite being globally significant for biodiversity, the ecoregion is under severe threat. Since the scientists started their surveys around 20 years ago, the mountains have lost a fifth of their rainforest extent, nearly half in some cases - one of the highest deforestation rates in Africa. Such sites of high biodiversity and natural wilderness are increasingly rare and threatened globally.

Some of the forests, like Mount Mabu, are effectively protected by local communities. Others, such as Mount Lico, are too inaccessible to face any real threat. The majority lack any kind of formal protection and are under pressure from slash and burn agriculture, hunting and demands for fuel and timber.

“Our study highlights the need to protect this unique, rather understudied, ecoregion," commented Dr Gabriela Bittencourt, a co-author, and Postdoctoral Researcher at the Natural History Museum, London. "Encouraging conservation of the South East Africa Montane Archipelago is paramount as it's clear we've only begun to scratch the surface of what we can learn about this diverse region as well as consider how these learnings can be applied to global biodiversity conservation efforts."

Jose Monteiro, Director of ReGeCom in Mozambique and co-author, said: “This is the start of a new chapter. A real effort is now required to reduce the threats to this mountain ecoregion and to effectively engage communities in leading conservation efforts, similar to the work at Mt Mabu."

Dr Phil Platts, Director at BeZero Carbon, a carbon ratings agency which aims to help organisations make better climate decisions and senior author of the paper, said: “These ecosystems lock up carbon, regulate water flows, and are globally unique in the species that live there. Channelling national and international finance, to support local communities in protecting the climate and other benefits of the ecoregion, would benefit everyone."

Dr Paul Smith, Secretary General of Botanic Gardens and Conservation International and a co-author of the paper said: “The biodiversity of the SEAMA montane archipelago is of global importance, and our hope is that this publication will help to precipitate international support for conservation in the region."

Dr Zacharia Magombo, acting Director General of the National Herbarium and Botanic Gardens in Malawi and co-author, said: “As the ecoregion straddles the border between Mozambique and Malawi it also creates a trans-boundary region, which opens the doors to transboundary conservation initiatives between the two countries."

Carl Bruessow, Director of the Mulanje Mountain Conservation Trust in Malawi and co-author, said: “The new SEAMA ecoregion will catalyse a renewed Malawi and Mozambican conservation commitment."

Dr Hermenegildo Matimele, a conservation scientist from the National Herbarium of Mozambique and co-author, commented: “The distribution of biodiversity transcends political boundaries. Therefore, conservation initiatives that capture the natural patterns of biodiversity will be more effective than those that restrict its potential through man-made borders. SEAMA aims to foster engagement between nations to work closely towards a common conservation goal in an effective manner."

Ends

Notes to Editors:

See the One Earth website for further information on ecoregions

Photographs available on request

Departement van Grondkunde presteer by Gesamentlike Kongres 2024https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10429Departement van Grondkunde presteer by Gesamentlike Kongres 2024AG Hardie-Pieters
​Agt lede van die Departement Grondkunde het op 23-25 Januarie 2024 die Gekombineerde Kongres 2024 van die Grond- en Gewaswetenskapverenigings van Suid-Afrika by Wilderness Hotel bygewoon. Twee van ons nagraadse studente het toekennings vir die Grondkundevereniging van Suid-Afrika ontvang vir hul navorsing referate gelewer by die Kongres. Me Teneille Nel het die GVSA-toekenning ontvang vir Beste Grondkunde-vraestel wat deur 'n navorser jonger as 30 jaar aangebied is vir haar referaat getiteld: " Oxalate salt concentrations of vegetation and termite frass in the greater Cape floristic region of South Africa ". Me Marina du Plessis het die GVSA-toekenning ontvang vir Beste Plakkaat getiteld: “Effect of gypsum source and form on soil chemical properties and early canola (brassica napus) growth in an acidic sandy soil”. Mnr Dawid du Toit, prof PA Swanepoel en dr AG Hardie het die SAVG-toekenning ontvang vir Beste Wetenskaplike Referaat gepubliseer in die SA Tydskrif vir Plant en Grond in 2022 vir: “DU TOIT DJJ, SWANEPOEL PA, HARDIE AG (2022). Effect of lime source, fineness and granulation on neutralisation of soil pH. South African Journal of Plant and Soil 2022; 39(3):1-12.” Welgedaan aan al ons personeel en studente!​

Groot finansiële inspuiting vir geneesmiddelontwikkeling in Afrikahttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10391Groot finansiële inspuiting vir geneesmiddelontwikkeling in AfrikaWiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
​'n Netwerk van wêreldklas wetenskaplikes oor Afrika heen betree nou die internasionale arena van geneesmiddelontwikkeling nadat hulle 'n finansiële toekenning van US$7,2 miljoen van die Bill en Melinda Gates Stigting en LifeArc, 'n liefdadigheidsorganisasie wat mediese navorsing steun, bekom het.

Die toekenning is deel van die Grand Challenges Africa Drug Discovery Accelerator (GC ADDA) program – 'n familie van inisiatiewe wat innovasie aanmoedig om globale gesondheids- en ontwikkelingsprobleme aan te spreek.

GC ADDA sal US$4,7 miljoen (ongeveer R85 miljoen) van die toekenning oormerk vir die ontwikkeling van nuwe middels in die stryd teen malaria en Tuberkulose (TB) – twee siektes wat meer sterftes op die Afrika-vasteland veroorsaak as in die res van die wêreld. Wetenskaplikes van  die Universiteite van Ghana en Pretoria en Universiteit Stellenbosch sal dié inisiatief lei.

Alhoewel Afrika-lande beduidende vooruitgang gemaak het in die stryd teen malaria en TB, dra die kontinent steeds die las van infeksiesiektes met hierdie twee eeue oue siektes wat elke jaar ongeveer een miljoen mense op die vasteland dood. Volgens die Wêreld- gesondheidsorganisasie is ongeveer 600 000 van hierdie sterftes toe te skryf aan malaria en 400 000 aan tuberkulose. Die feit dat behandelingsweerstandige vorme van hierdie siektes voortdurend kop uitsteek, beteken dat daar 'n noodsaaklike behoefte is aan innoverende hulpmiddels om dit die hoof te bied.

Leiers in malaria- en TB-navorsing in Afrika

Aan die stuur van hierdie poging om geneesmiddelkandidate te lewer, staan Dr Richard Amewu, hoof van die Drug Innovations Group by die Universiteit van Ghana, en  Prof. Lyn-Marié Birkholtz verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Volhoubare Malariabeheer in Suid-Afrika.

Prof. Birkholtz sê die behoefte aan teenmalariamiddels in Afrika is van kritieke belang aangesien malariagevalle aan die toeneem is. “Ons moet bestaande ontdekkings voortdryf deur voort te bou op ons bestaande kapasiteit en kundigheid."

Volgens Dr Amewu, sal hierdie toekenning  deurlopende pogings van Afrika-wetenskaplikes aanvul wat bydra tot die wêreldwye pogings om hierdie twee siektes te beveg. Hierdie navorsing sal voortbou op die toonaangewende bydraes oor midddelontdekking wat gespruit het uit die totstandkoming van die Holistiese middelontdekking- en -ontwikkelingsentrum (H3D), gesetel by die Universiteit van Kaapstad in Suid-Afrika.

Die netwerk van wetenskaplikes wat op malaria fokus, sluit ook in: Prof. Fabrice Boyom van die Yaoundé Universiteit in Kameroen; Prof. Amanda Rousseau van die Universiteit van die Witwatersrand; Dr Winston Nxumalo van die Universiteit van Limpopo; en Prof. Laurent Dembele en Dr Dinkorma Ouloguem van die Université des Sciences, des Techniques et des Technologies de Bamako in Mali. Hulle sal nou saamwerk met kundiges van die Drug Discovery Unit by die Universiteit van Dundee in Skotland, die biotegnologiemaatskappy Lgenia (VSA), the Malaria Drug Accelerator, en die Medicines for Malaria Venture (MMV) asook die H3D.

In reaksie op die aankondiging het Dr James Duffy, senior direkteur van geneesmiddelontdekking by MMV gesê hierdie toekenning gaan die speelveld vir Afrika-wetenskaplikes en middelontwikkeling op die vasteland verander: “'n Unieke omgewing en geleentheid is geskep waar wêreldklas wetenskaplikes van lande met endemiese siektes kan saamwerk om nuwe middels te ontdek en in pasiëntbehoeftes op hul voorstoep te voorsien.

In die stryd teen multimiddelweerstandige TB, sal die poging gelei word deur Prof. Erick Strauss van die Departement Biochemie by die Universiteit Stellenbosch (US), in vennootskap met Dr Gabriel Mashabela van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsentrum vir TB-navorsing, (ook aan die US), en spanne gelei deur Prof. Adrienne Edkins van Rhodes Universiteit en Prof. Rajshekar Kapoormath van die Universiteit van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika, asook Dr Elizabeth Kigondu en Dr Edwin Murungi verbonde aan die Kenia Mediese Navorsingsinstituut.

Volgens Prof. Strauss is die doel om nuwe, voorheen onverkende weë te volg om effektiewe behandelings teen TB te ontdek. Hierdie pogings sal die vele bestaande middelontwikkelingspogings aanvul wat deur ander internasionale konsortiums soos die Tuberculosis Drug Discovery Accelerator gelei word.

Dr Clif Barry, hoof van die Tuberkulose-navorsingsafdeling by die Verenigde State se Nasionale Instituut van Gesondheid, sê TB en veral multimiddelweerstandige TB is steeds 'n groot gesondheidslas vir Afrika-lande: “Dit is net gepas dat 'n belegging op hierdie skaal gemaak word om wetenskaplikes op die vasteland te ondersteun wat werk om nuwe tuberkulosebehandelings te ontwikkel."

Prof. Kelly Chibale, direkteur van H3D sê die toekenning is 'n groot hupstoot vir die bou van 'n kritieke massa van wetenskaplikes wat hierdie siektes op die Afrika-vasteland kan beveg.

Prof. Sibusiso Moyo, Adjunk Visekansellier: Navorsing, Innovasie, en Nagraadse Studies by die US, het gesê die drie universiteite het 'n lang geskiedenis van samewerking deur die Afrika Navorsingsuniversiteitsalliansie (ARUA), tesame met ander Afrika vennote: “Ek wil graag die wetenskaplikes gelukwens met die toekenning en die voorbeeld wat hulle stel van hoe universiteite 'n rol kan speel in innovasie en middelontwikkeling".

Agtergrond

Wat is malaria?

Malaria is 'n siekte wat veroorsaak word deur parasiete (Plasmodium) wat mense kan infekteer nadat hulle deur 'n Anopheles-muskiet gebyt is wat 'n draer van hierdie parasiete is. Simptome kom voor ongeveer twee weke nadat 'n persoon gebyt is. In Afrika kan mense egter tientalle kere per nag gebyt word wat die risiko van malaria aansienlik verhoog.  Boonop kom die mees dodelike vorm van die parasiet (Plasmodium falciparum) in Afrika voor. Indien 'n pasiënt nie betyds behandel word nie, kan dit binne 24 uur noodlottig wees. Ongelukkig het beide die parasiet en die muskiet reeds by die heersende beheermaatreëls aangepas deur weerstand te ontwikkel en die muskiet het selfs sy gedrag verander. Dit is dus baie moeilik om die siekte te beheer. Nuwe teenmalariamiddels moet vooortdurend ontwikkel word om die siekte te voorkom, lewens te red en die verspreiding van die parasiet te stuit.

Wat is tuberkulose?

Tuberkulose (TB) word veroorsaak deur 'n bakterie (Mycobacterium tuberculosis) wat tipies versprei word wanneer geïnfekteerde individue hoes en spoeggdruppels – wat die bakterie bevat – in die lug vrystel. Wanneer 'n individu geïnfekteer is, kan die bakterie vir jare dormant wees in die draer en geen aktiewe siektesimptome veroorsaak nie. Individue wat egter MIV-positief is, is meer vatbaar vir die siekte wat dan ontwikkel as pulmonale tuberkulose (TB wat in die longe voorkom). In hierdie populasies is die voorkoms van TB byna dubbeld soveel as in populasies van individue sonder MIV. Suid-Afrika het tans een van die hoogste voorkomssyfers van TB-infeksies, met byna 1 uit elke 100 van die bevolking wat geïnfekteerd is. Alhoewel TB met antibiotika behandelbaar is, duur die standaardbehandeling egter ses maande. Die hoë siektelas, tesame met die probleme wat individue ondervind met die voltooiing van hul behandeling, het gelei tot die ontwikkeling van nuwe vorme van TB wat weerstandig is teen byna alle vorms van behandelings wat tans beskikbaar is.

Op die foto bo, van links na regs: Prof. Erick Strauss, Prof. Lyn-Marié Birkholtz, en Dr. Richard Amewu. Foto: Stefan Els

CHPC/NITheCS Kodering Somerskool ontsluit ‘n ‘wêreld van moontlikhede’https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10385CHPC/NITheCS Kodering Somerskool ontsluit ‘n ‘wêreld van moontlikhede’NITheCS (media and communication)
Dit is soos om 'n geheime wapen of supermagte te ontdek, bevrydend. Dit is hoe studente wat onlangs die Kodering Somerskool bygewoon het, hul kennismaking met programmeringstale soos Python, Gitbash en Spyder ervaar het.

Die 14de Kodering Somerskool is van 29 Januarie tot 9 Februarie 2024 deur die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) en die Centre for High Performance Computing (CHPC) aangebied. Dit is bygewoon deur 580 studente van meer as 30 hoër onderwys instellings in Suid-Afrika en Kenia.

Mnr. Binjamin Barsch, Hoof Sagteware Ingenieur by die CHPC en hoof koördineerder vir die Kodering Somerskool, sê 297 van die studente het vir sertifikate gekwalifiseer – 'n toename van 18% op die vorige jaar se aantal graduante.

“Dit was bevredigend om die deelname van soveel studente te beleef. Op ons interaktiewe kommunikasieplatform op die Slack werksruimte, was daar meer as 6 500 boodskappe.

Barsch het ook interessante statistieke van vanjaar se somerskool beskikbaar gemaak: Van die 580 studente was 57% manlik en 43% vroulik, en 40% was MSc studente versus 25% PhD studente. Die meerderheid studente was afkomstig vanuit vakgebiede soos fisika (21.6%), chemie (17%), en biologie (16.9%), gevolg deur ingenieurswese (9.6%), omgewingswetenskappe en geografie (9.5%) en die mediese wetenskappe (7.23%).

Vanjaar het Noordwes Univeristeit se Vanderbijlparkkampus en Walter Sisulu Universiteit ook vir die eerste keer deelgeneem.

Prof. Francesco Pettrucione, interim direkteur van NITheCS, sê die toename in studentegetalle is die produk van die harde werk van NITheCS se verteenwoordigers op die verskillende kampusse en die gretigheid van deelnemers om die kwaliteit van hul navorsing te verbeter: “Ons is vas van plan om die reiktwydte van die Koderingsomerskool nog verder uit te brei. Vir volgende jaar hoop ons byvoorbeeld om nog meer studente van naburige lande te betrek, en sodoende om 'n meer diverse opleidingsomgewing te bevorder."

Volgens Barsch sal die Koderingsomerskool weer in hibriede formaat aangebied word. Dit beteken dat studente die twee weke-lange opleidingsprograme aanlyn of in-persoon by 'n instansie van hul keuse kan bywoon, waar hulle dan ook toegang het tot aanlyn lesings en in-persoon toesig.

“Die meerderheid van studente het die in-persoon bywoning meer doeltreffend ervaar," het hy bygevoeg.

Gedurende die eerste week is deelnemers aan die fundamentele beginsels van Python en datawetenskap blootgestel, wat hulle daartoe instaat stel om verskeie datastelle te analiseer en te manipuleer, insluitend 'n inleiding tot Linux en Bash. Gedurende die tweede week is studente bekendstel aan sagteware-oplossings wat hulle in hul navorsing mag nodig kry, met voorbeelde uit verskeie velde soos masjienleer, bioinformatika, die simulasie van chemiese stelsels en die toepassing van Monte Carlo metodes.

Hieronder volg 'n paar aanhalings uit die studente se anonieme terugvoer:

"Learning Python felt like unlocking a new realm of possibilities for my research. I'm excited to delve deeper into data manipulation and analysis using the skills gained in week 1."

"The introduction to bash scripting was a game-changer for me. It's like I found a secret weapon to tackle repetitive tasks efficiently in my work."

"Python and Gitbash have become my dynamic duo for data analysis. I can now navigate through datasets without the hassle of Excel, thanks to the coding summer school."

"The guest lectures provided insights that I could immediately share with fellow data science majors in the industry. The centralized learning approach made it all the more impactful."

"I never thought I'd appreciate plotting graphs in Python so much! It adds a creative dimension to data visualization that I was missing out on."

"The sessions on Linux and Github have expanded my toolkit for efficient research data processing. Now, I feel more comfortable and confident in managing my projects."

“Becoming comfortable with Bash and Spyder feels like gaining new superpowers. The integration with Gitbash has streamlined my file management, making my workflow smoother."

"The quizzes were a great touch. They challenged me to apply what I learned actively, reinforcing my understanding of Python and Gitbash commands."

"I used to rely heavily on Excel for data analysis, but now, after week 1, Python has become my go-to tool. The shift is not just practical; it's liberating."

"The coding summer school has turned me into a Python enthusiast. I can't wait to implement what I've learned, especially in the upcoming Streamlit project. Python/bash is, indeed, awesome!"

Die 15de Koderingsomerskool sal volgende jaar weer plaasvind. Volg NITheCS se kalender om op datum te bly met lesings en opleidingsgeleenthede - NITheCS calendar: 26 Feb-3 Mar 2024 (mailchi.mp)

Klik hier vir 'n YouTube video meet foto's van deelnemers op die verskillende kampusse - Coding Summer School 2024 (youtube.com)

Die 400 jaar oue geskiedenis van eikebome: van kultuur-ikone tot indringers en slagoffershttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10375Die 400 jaar oue geskiedenis van eikebome: van kultuur-ikone tot indringers en slagoffersFaculty of Science (media and communication)
​Die nagenoeg 400 jaar oue geskiedenis van eikebome in Suid-Afrika kan dalk tot 'n einde kom en die boomlandskap van dorpe en stede soos Kaapstad, George, Paarl, Stellenbosch en  Swellendam vir ewig verander.

Volgens 'n navorsingsartikel wat onlangs in die South African Journal of Botany verskyn het, het ekoloë van die Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) in die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Klimaatstudie, die geskiedenis van die genus Quercus in Suid-Afrika nagespoor – wanneer dit vir die eerste keer hier ingebring is, sy huidige status, asook die faktore wat verantwoordelik is vir die verandering in die verspreiding daarvan oor ons landskappe heen.

Christiaan Gildenhuys, 'n nagraadse student in die US se Departement Plant- en Dierkunde en hoofouteur van die artikel, sê die eerste geskrewe rekord van die Steeleik (Quercus robur),  dateer uit 1656 en is volgens oorlewering deur Jan van Riebeek self ingebring: “Dosyne ander eikeboomspesies is deur vroeë Hollandse setlaars en die Britse koloniale regering ingebring.  Daarna is dit wydverspreid oor die land aangeplant en het sedertdien een van die mees wydverspreide en herkende boomgenera in hedendaagse Suid-Afrika geword," verduidelik hy.

Maar nou is die spesie in 'n doodloopstraat.

Gildenhuys het bevind dat drie eikeboomspesies  – die Steeleik, Moeraseik, en Kurkeik, – indringers geword het op rivieroewers en in die koppelvlakgebiede waar stad en natuur ontmoet in Stellenbosch en Kaapstad. Tans veroorsaak hierdie eikebome nog nie groot probleme as indringers nie, maar kan moontlik in die toekoms.

Terselfdertyd is baie van die spesies (wat die Q. robur of Steeleik wat die mees wydverspreid voorkom, insluit) hoogs vatbaar vir siektes en indringerkewers soos die stompkopkewer: “Dit beteken dat baie van die eeue oue eikebome nie net in gevaar is nie, maar ook dat besmette bome verwyder moet word om te verhoed dat die besmetting verder versprei," sê Gildenhuys.

Prof. Dave Richardson, 'n ekoloog by die SIB en mede-outeur van die studie, sê die storie van eikebome in Suid-Afrika is 'n klassieke voorbeeld van hoe globale verandering vinnig besig is om die rolle van, en perspektiewe oor spesies in stedelike gebiede te verander.

“Ons moet aanvaar dat die potensiële impak van die stompkopkewer die speelveld gaan verander. As gevolg van hierdie indringing gaan die boomlandskap van baie dorpe in Suid-Afrika nogal radikaal verander. Grondeienaars en owerhede wat besluit om besmette Q. Robur-bome met minder kwesbare boomspesies te vervang, moet ook die potensiële negatiewe impak van dáárdie spesies oorweeg," verduidelik hy.

Die ideaal sou wees om die besmette bome met inheemse bome te vervang wat minder vatbaar vir peste en siektes soos die stompneuskewer is. Maar hy waarsku egter dat mense se verknogtheid aan hul strate met eikebome, vervangingspogings in die wiele kan ry en konflik tussen bestuur en belanghebbendes kan veroorsaak.

Prof. Guy Midgley, waarnemende direkteur van die Skool vir Klimaatstudie, sê die bome lewer 'n lewensnoodsaaklike bydrae om die imapk van klimaatsverandering te versag deur die hittestres in stedelike gebiede te verminder. Aan die ander kant kan die wyse waarop daar van duisende siek bome ontslae geraak word, 'n groot impak op koolstofvrystelling hê.

Die debat oor die kulturele waarde van eikebome in die algemeen gooi nog vet op die vuur. In een van die sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing word hierdie eeue oue bome as deel van ons kultuurgeskiedenis gevier. In 'n ander sektor word hulle as ongewenste oorblyfsels van 'n koloniale verlede beskou.

Interessante historiese feite oor eikebome in Suid-Afrika

1656: Eerste geskewe rekord van Q.robur-spesie in Suid-Afrika.

1795: Aanplanting van historiese eikelaan tussen Kompanjiestuin en die Parlement in Kaapstad.

1868: Eerste eikebome in Potchefstroom aangeplant.

1910: Aanplanting van historiese eikelaan in Potchefstroom (in 1977 as nasionale monument verklaar).

2012: Eerste rekord van stompneuskewer in Suid-Afrika aangemeld in KwaZulu-Natal.

Op die foto's bo:
Quercus robur is in 1656 vir die eerste keer in Suid-Afrika ingebring. Vandag is dit een van die mees herkende bome in die Suid-Afrikaanse landskap wat ook die wydverspreidste voorkom – soos in Stellenbosch strate (ook bekend as die Eikestad). Hierdie eeue oue bome is egter ook die mees vatbare spesie vir infeksies en peste soos die stompkopkewer. Foto's: Christiaan Gildenhuys

Media navrae

Christiaan Gildenhuys
E-pos: 23594993@sun.ac.za

Selfoon: 079-0188751

Geslagsgaping in die wetenskap moet oorbrug word – Prof Sibusiso Moyohttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10364Geslagsgaping in die wetenskap moet oorbrug word – Prof Sibusiso MoyoProf Sibusiso Moyo
Die Internasionale Dag van Vroue en Meisies in die Wetenskap is op Sondag 11 Februarie gevier. In ʼn meningsartikel vir die Mail & Guardian skryf prof Sibusiso Moyo (Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies) dat ons in opvoedkundige geleenthede moet belê, mentorskap- en ondersteuningsnetwerke moet bied en geslagsdiversiteit aktief in wetenskaplike navorsing en innovasie moet bevorder ten einde die volle potensiaal van vroue in die wetenskap te benut.

Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder. Klik hier​ vir die artikel soos geplaas.

​Prof Sibusiso Moyo*

Ter viering van die Internasionale Dag van Vroue en Meisies in die Wetenskap op 11 Februarie, is dit noodsaaklik om te besin oor die vordering wat gemaak is en die uitdagings wat steeds voortduur om geslagsgelykheid in die sogenaamde STEM-vakke – wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde – te verseker. Hierdie dag dien as 'n wêreldwye viering van die onskatbare bydraes wat vroue tot STEM-vakgebiede lewer, terwyl dit ook die verskille beklemtoon wat hulle volle deelname belemmer.

Ek doen 'n beroep op ons almal om ons pogings te verskerp om meer vroue aan te moedig en te ondersteun om loopbane in die wetenskap te volg.

Ondanks die vordering wat in die onderwys gemaak word, bly die geslagsgaping duidelik sigbaar, met miljoene meisies wat steeds struikelblokke ondervind om gehalte-onderwys te ontvang – veral in konflikgeteisterde gebiede. Die opskorting van opvoedkundige geleenthede vir vroue, soos regoor die wêreld al gesien is, beklemtoon die dringende behoefte om sistemiese struikelblokke aan te spreek wat meisies se opvoeding wêreldwyd belemmer. Verder word vroue en meisies buite verhouding uitgesluit van geleenthede om noodsaaklike vaardighede te ontwikkel, wat die siklus van ongelykheid voortsit.

Geslagsverskille duur voort op die gebied van wetenskap en innovasie, wat vroue se rolle en bydraes beperk. Namate tegnologie verder vooruitgaan, is dit van uiterste belang dat vroue nie agterbly nie. Die opkoms van kunsmatige intelligensie (KI) bied geleenthede én uitdagings, maar vroue bly onderverteenwoordig op hierdie gebied. Die gevolge van hierdie wanbalans strek ver, aangesien AI-tegnologieë dikwels vooroordele weerspieël wat ongelykhede veral vir vroue van kleur kan vererger.

Te midde van hierdie uitdagings is daar egter bakens van hoop wat ons inspireer om na groter geslagsgelykheid in STEM-vakke te streef. Die Universiteit Stellenbosch (US) is vanjaar verheug om Melissa Müller, Suid-Afrika se toppresteerder in die 2023-matriekeindeksamen, te verwelkom as 'n skitterende voorbeeld van die potensiaal waaroor jong vroue beskik wat in die wetenskap belangstel. Haar besluit om megatroniese ingenieurswese aan die US te studeer, is 'n voorbeeld van die belangrikheid daarvan om vroue se ambisies in STEM-vakgebiede te koester en te ondersteun. Ons wens baie ander vroue en meisies geluk wat voortgaan om uit te blink en STEM-vakgebiede te betree waarin vroue tradisioneel onderverteenwoordig is.

Ons het by die US gesien hoe die aantal vroulike doktorale gegradueerdes tussen 2018 en 2021 geleidelik toegeneem het tot 48% van doktorale graduandi. Dit vergelyk goed met die 46% wat vir die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor aangeteken is.

Boonop verteenwoordig die onlangse bekendstelling van die Paarl Africa Underground Laboratory (Paul) -projek 'n baanbrekersinisiatief wat Afrika se potensiaal in wetenskaplike navorsing beklemtoon. Ons moet met die aanpak van hierdie baanbrekerspoging om donker materie en neutrino's te bestudeer, verseker dat vroue aktief by hierdie wetenskaplike aktiwiteit betrokke is en verteenwoordig word.

Kom ons herbevestig op hierdie Internasionale Dag van Vroue en Meisies in die Wetenskap ons verbintenis daartoe om struikelblokke uit die weg te ruim en inklusiewe omgewings te skep waar vroue in STEM kan floreer. Ons moet in opvoedkundige geleenthede belê, mentorskap- en ondersteuningsnetwerke bied en geslagsdiversiteit aktief in wetenskaplike navorsing en innovasie bevorder. Deur die volle potensiaal van vroue in die wetenskap te benut, kan ons betekenisvolle vordering na 'n billiker en meer voorspoedige toekoms vir almal moontlik maak.

Ons gee erkenning aan die vrouewetenskaplikes aan die US wat steeds 'n groot invloed het en voortgaan om toekomstige geslagte te mentor. Prof Michele Miller, wat aan die hoof staan van die US se Diere-TB-navorsingsgroep en die DWI-NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Diere-TB beklee, en prof Quinette Louw, die uitvoerende hoof van die Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe aan die US en bekleër van die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in innoverende rehabilitasie, is uitstekende voorbeelde.

Terwyl ons die prestasies van vroue in die wetenskap vier, moet ons ook erkenning gee aan die werk wat voorlê ten einde ware geslagsgelykheid in STEM-vakgebiede te bewerkstellig. Kom ons baan saam die weg vir 'n toekoms waar elke meisie en vrou die geleentheid het om haar passie uit te leef en haar talente beskikbaar te stel vir die vorming van die wêreld deur wetenskap en innovasie.

*Prof Sibusiso Moyo is Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies by die Universiteit Stellenbosch.

Wêreldkankerdag: Genetiese toetsing, beter gesondheidsorg kan help om kankerbehandeling te verbeterhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10359Wêreldkankerdag: Genetiese toetsing, beter gesondheidsorg kan help om kankerbehandeling te verbeterCorporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Wêreldkankerdag is op Sondag 4 Februarie gevier. In meningsartikels vir die media maak kenners aan die Universiteit Stellenbosch voorstelle om die globale kankersorg-gaping te oorbrug. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

Dr Yuri Munsamy (Mail & Guardian)

Prof Maritha Kotze (Daily Maverick)

Foto deur Miguel Á. Padriñán van Pixabay​