Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Katalisfonds vir Natuurwetenskappe

​​​​Beursondersteuning vir nagraadse studente by die Universiteit Stellenbosch

“In South Africa, we see research and development as an important catalyst for growth in the economy."

Naledi Pandor, in haar amp as Minister van Wetenskap en Tegnologie in November 2017.

Klik op die onderstaande name om meer te lees.

Bali_295.png

 Dr Bali Sishi

Snr Lektor, Fisiologiese Wetenskappe

"Om as student jou oor geld te bekommer, belemmer jou vermoë om te fokus."

 

Brandon_295.png

Mnr Brandon Reyneke

PhD-student, US

"Die grootste uitdagings van studentwees, veral in die eerste jare, was om aan te pas by die werkslading en fondse te kry om my studies te finansier."

Ethan_295.png

Dr Ethan Newman

Claude Leon Nadoktorale Genoot, UKZN

"Beursbefondsing was waarskynlik die mees beduidende faktor in my sukses as nagraadse student."

 

Ronalda_295.png

Dr Ronalda Benjamin

Lektor in Wiskunde, US

"Dit was liefde met die eerste oogopslag. Daar was nie ander opsies nie. Ek was van plan om 'n loopbaan in wiskunde te volg - in watter gedaante ook al."

Konteks

Navorsing is 'n kragtige werktuig in die globale ekonomie. Ontwikkeling op die gebied van die wetenskap, tegnologie en innovasie, verander wêreldwyd die wyse waarop mense leef, kommunikeer en sake doen, en beïnvloed die ekonomiese groei en ontwikkeling. Suid-Afrika (RSA) se Nasionale Ontwikkelingsplan (2012) het 'n teiken gestel vir die lewering van 5 000 doktorale graduandi teen 2030 (1 876 in 2012) ten einde die land se navorsing- en innovasiekapasiteit uit te brei en broodnodige werksgeleenthede te skep oor die volgende paar jaar. Die meeste van die RSA se kennis word binne universiteite en navorsingsrade gegenereer.

Unieke waarde-aanbod - Fakulteit Natuurwetenskappe

Die Fakulteit Natuurwetenskappe by die US bied 'n wêreldklas navorsingsomgewing, institusionele ondersteuning en die spesialiskennis om nagraadse studentesukses te verseker. Die grafiek dui die aantal nagraadse studente aan wat tussen 2018 en 2022 in die Fakulteit geregistreer was. 

NG studentegetalle 2022.png 

Die US is daartoe verbind om die volgende generasie Suid-Afrikaanse wetenskaplikes op te lei - 'n groep innoverende en kritiesdenkende mans en vroue wat 'n aktiewe rol kan speel in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing en wat katalisators sal wees in die skeppingsproses van die kennis-intensiewe ekonomie wat so deurslaggewend is vir Suid-Afrika se groei en ontwikkeling.

Teen die tyd wat studente nagraadse vlak bereik, is hulle dikwels self verantwoordelik vir die finansiering van hul studies, aangesien finansiële hulpbronne op hierdie vlak nie geredelik beskikbaar is nie. Nagraadse studente maak meestal staat op finansiering deur hul werkgewermaatskappye (sou hulle al in die bedryf staan); vanaf die universiteite self; of tradisioneel van regeringsinstellings soos die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR), die Nasionale Navorsingstigting (NNS), die Waternavorsingskommissie (WNK) en die Mediese Navorsingsraad (MNR).

Daarom het die Fakulteit Natuurwetenskappe in sy eeufeesjaar die Catalyst Fonds vir Natuurwetenskappe bekend gestel ter ondersteuning van verdienstelike nagraadse studente wat aan spesifieke kriteria voldoen. Deur middel van die Catalyst Fonds wil ons volhoubare nagraadse navorsing ondersteun waarby die samelewing op nasionale vlak kan baat, maar wat ook internasionaal 'n impak het, en 'n kultuur van innovasie skep. Met jou ondersteuning kan ons voortgaan om wetenskaplikes op te lei wat Suid-Afrika en die wêreld kan verander.

Versoek vir ondersteuning

Om die volgende beurse vir ons nagraadse studente te kan gee, benodig die Fakulteit ongeveer R11 miljoen per jaar.

HonneursBSc

Tot R30 000 p.j. (1 jaar)

MSc

Tot R80 000 p.j. (2 jaar)

PhD

Tot R100 000 p.j. (3 jaar)

 

Jy kan tot die fonds bydra, hetsy deur 'n volle beurs te finansier, of 'n bedrag ter stywing van ons beursfonds te skenk. Om 'n aanlynbydrae te maak, klik hier. Dan:

  • Select an option: kies Faculties and Schools; en
  • Select type: kies Science; en
  • Select from SCIENCE: kies Catalyst fund for Science / KATALIS Fonds vir Natuurwetenskappe

Kontakpersone

​Prof Louise Warnich

Dekaan: Fakulteit Natuurwetenskappe

Stuur e-pos

​Candice Egan

Fondswerwer, Ontwikkeling en Alumniverhoudinge, US

Stuur e-pos